Birkenheaders spook steeds

Birkenheaders spook steeds

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die eerste boothengelkompetisie vir 2015 (13 Desember 2014) van die Birkenhead Boothengelklub het swakkerig afgeskop, met die tweede kompetisie op 3 Januarie 2015 wat nie veel beter verloop het nie.

Johan Burmeister, Wedstrydsekretaris se nuutste opmerking is: “As iemand dalk weet van ‘n goeie stel rolbalballe, laat weet my aub - ek kan maar net sowel gaan rolbal speel in plaas van visvang!”

Vir die Januarie-kompetisie het 7 bote ingeskryf, waarvan 5 ingeweeg het, met ‘n totale bemanning van 23. Drie spesies is ingeweeg en die totale aantal vis is 64, met 'n totale massa van 45.3kg, wat ‘n gemiddeld van 1.97kg per hengelaar beteken.

Volledige uitslae is soos volg: swaarste vis, De Wet Gilliomee (wit steenbras - 5.3kg, foto: Gansbaai Courant, 8 Januarie 2015); 2de swaarste vis, Jean Downing (rooi roman - 2kg); swaarste sak, Jean Downing - 6.9kg; 2de swaarste sak, De Wet Gilliomee - 5.85kg; swaarste bootgemiddeld, Oupa van Ben Uys - 3.738kg; 2de swaarste bootgemiddeld, Relêks 2 van Jean Downing - 3.275kg. Dixie Walsh het vir die swaarste damesak (2.7kg) gesorg, met JP Uys met die junior swaarste sak (5.05kg). Die 1ste 3 voorlopers in die onderskeie kategorieë vir 2015 is: Bootkampioen - Kayalami van Cederic van der Vyfer (6.34kg); Oupa van Ben Uys (5.40kg); Relêks van Jean Downing (4.55kg). Mans Visvangkampioene - Jean Downing (9.60kg); Ben Uys (6.40kg); Danie Fourie (6.20kg). Dames Visvangkampioen - Dixie Walsh (2.7kg). Junior Visvangkampioene - JP Uys (7.55kg) en Hennie Groenewald (1.45kg).

Kompetisienavrae kan aan Johan Burmeister (wedstrydsekretaris) by 082-895-7647 gerig word en Klubnavrae aan Philip Fourie (voorsitter) by 082-747-3634, met Ralph Gibbs vir saalverhuring by 083-561-6917.

Hardus Botha

Birkenheaders spook steeds

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Simple Beauty in Bloom

Simple Beauty in Bloom

Our nature shot is of Petalacte coronata, which was photographed by our conservation team this week.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary.

Gansbaai Tourism
Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Since April 2026, Combined Engineering Solutions (CES) has been hard at work on an ongoing renovation project for an existing home...

Beautiful Baskets Now in Store

Beautiful Baskets Now in Store

At Koekeloer Gift Shop, you’ll find a stunning selection of beautifully crafted baskets ready to suit any need.

Tennisnuus - Wilson Cavaliers Junior

Tennisnuus - Wilson Cavaliers Junior

Baie geluk, ons is ongelooflik trots op julle!

Laerskool Gansbaai
The Courage to Be Yourself

The Courage to Be Yourself

In a world that rewards conformity, it takes courage to remain yourself.

See All Articles