Overberg Kushengel se Boxing Day Kompetisie

Overberg Kushengel se Boxing Day Kompetisie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Die Overberg Kushengelklub se 3de jaarlikse Boxing Day Hengelkompetisie op 26 Desember 2014 is wyd vooraf bespreek, deur plaaslike- sowel as ‘n groot aantal vakansiegangers,” vertel Elba Tredoux van die klub. “Die pragtige getal van bykans 30 spanne, 4 hengelaars per span, het vir die kompetisie ingeskryf.”

Sy sê of dit die “lus” vir visvang was, of die “aantreklikheid” van R30,000 se pryse, is nie duidelik nie, maar die groot getal hengelaars en hul families het die dag terdeë geniet en lekker in die Klubhuis saamgekuier, met die kroeg- en kombuismanne wat behoorlik moes bontstaan. Stormsterk see het die meeste hengelaars redelik moedeloos gehad, behalwe nou vir die gesoute manne wat geweet het waar om na die vis te gaan soek en min, maar mooi visse is ingeweeg.

Die klubvoorsitter, Frans Claassen, het veral vir Mynhardt van Niekerk (Snr) uitgesonder wat man-alleen al die borgpryse ingesamel het. “Jy is ‘n doring, Mynhardt,” het Frans gesê. “En daar is nie ‘n besigheid in die dorp, asook van buite Gansbaai, wat nie ‘n oop hand vir die menigte pryse gehad het nie.” Elba sê benewens die pryse vir die wenhengelaars, is daar min van die ander spanne se lede wat nie met ‘n geluktrekking huis toe is nie. Slegs 2 spesies is gevang - kabeljou en steenbras. Die grootste steenbras van 13.3kg is deur LJ Foure gevang, met Wouter Meiring wat die grootste kabeljou van 2.06kg gevang het. Dié twee se onderskeie pryse was ‘n Coolpix kamera en ‘n Batterylaaier van Battery Centre.

Die span van Brian McFarlain (‘n One man band - soos in alleen), was in die 2de plek met ‘n magdom pryse wat hy nie alleen kon wegdra nie. Brian was ook die borg van die 1ste span se hoofprys van haaikyk-uitstappies ter waarde van R12,000. “Nogmaals baie dankie, Brian,” sê Elba. “Die wenspan van verlede jaar, The Lizards, was weer eens die wenspan tydens hierdie kompetisie - baie geluk manne.” Elba het haar opregte waardering teenoor alle borge, die klubbestuur en alle hengelaars met hulle ondersteuners uitgespreek, wat almal daartoe bygedra het om hierdie groot dag op die vakansiekalender van Gansbaai weer eens suksesvol laat verloop het.

“Kennis moet aub geneem word van die klub se Algemene Jaarvergadering wat op Vrydag, 30 Januarie 2015 sal plaasvind,” sê Frans. Vir navrae kan Frans by 083-546-7474 gekontak word.

Hardus Botha

Overberg Kushengel se Boxing Day Kompetisie

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles