Fotografieklub skop af

Fotografieklub skop af

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Fotografieklub het 2015 op ontspanne wyse aangepak. Tydens die eerste byeenkoms op Maandag, 19 Januarie 2015, het die nuutverkose voorsitter, Riaan Jacobs sy waardering uitgespreek vir die pragtige opkoms, sowat 20+ lede, waarby enkele nuwe lede ingesluit is.

Lede het die geleentheid ontvang om die jaar se beplanning te bespreek en kommentaar en voorstelle in te dien. Die belangrikste uitvloeisel uit die gesprek is dit waarna Gansbaai Courant al verskeie kere na verwys het. Eerstens is dit ‘n “ontspanne” fotografieklub waarby almal, veral ook die jonger garde, gerus by kan aansluit, sonder kommer dat jy met “professionele” kameramanne en -vroue moet kompiteer. Diesulkes is wel klublede, maar nie “om hul gewig rond te gooi” nie, maar om ander lede te help en te ondersteun. Tweedens is alle tipe kameras welkom, vanaf mik-en-drukke tot by hoogs-gespesialiseerde kameras.

“Gansbaai Toerisme kan gerus vorentoe dopgehou word vir ons klub se foto-uitstallings waarvoor daar goedgunstiglik plek ingeruim is, met foto’s wat te koop aangebied sal word,” het Riaan gesê. “Ons is ook dankbaar dat ons met die hulp van ‘n borg ons eie dataprojektor vir die vertoon van foto’s kon aankoop, wat sekerlik ‘n groot aanwins vir die klub is.”

Die program vir Januarie tot April is bekendgestel, met vele interessante en leersame aanbiedinge, sprekers, kompetisies, uitstappies en veel meer. Nadat die formaliteite afgehandel is, is daar gesellig ontspan met die vertoon van lede se vakansiefoto’s. Dit was bloot vir ontspanning en genot, daarom was daar geen beoordeling van foto’s nie. Die lede teenwoordig moes egter besluit op ‘n gepaste foto wat saam met hierdie berig geplaas moet word. Die keuse het op die foto van Vera Swart van Franskraal geval.

Met verwysing na die meegaande foto, is met die tong-in-die-kies gedink aan ‘n “raai-kompetisie”: “Wat sê die dogtertjie aan die regterkant vir die seuntjie in die middel, wat dink hy op daardie oomblik en waaroor lag die dogtertjie aan die linkerkant so heerlik?”

Hardus Botha

Fotografieklub skop af

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles