Koekoek Foendi

Koekoek Foendi

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dat Paul Knoetze van Franskraal ‘n Koekoek Foendi is, is ‘n feit, maar dis maar ‘n klein deeltjie van die ware horlosie- en meganiese kennis waaroor hy beskik.

‘n Jaar of 2 gelede is ‘n 8-dag koekoeklok, waarskynlik veel ouer as 50 jaar, aan hom oorhandig om te herstel. Eintlik nie ‘n koekoekklok nie, eerder “los rommel” in ‘n kartondoos wat eens op ‘n tyd ‘n koekoekklok was. Dit is ‘n horlosie wat my pa, wyle Willem Botha, 50+ jaar gelede as ‘n geskenk aan my ma, Babs, gegee het.

Die herstel van die horlosie het met deeglike navorsing, selfs in Holland en Duitsland, gepaard gegaan, asook met die self-vervaardiging van gedeeltes en parte. Hy moes die een helfte van die pendulum se blaartjie self uitkerf om identies soos die ander helfte te lyk. Die koekoek-voëltjie was “gesplit” en selfs met draadjies gelas, maar hy het dit herstel, asook die volledige meganisme vir funksionering. Dieselfde geld vir die onderste voëltjies wat nie een gefunksioneer het nie, terwyl hulle die klein voëltjie in die nessie “voer” telkens wanneer die boonste een uitkom om te “koekoek”.

‘n Belangrike deel is die konsertina-vormige “blaasbalkie” (bellhouse), wat wind oor die fluitjie “blaas” om die geroep van die voëltjie na te maak. Dit moes Paul self vervaardig met ‘n spesiale materiaal wat “sy geheim” is, aangesien die oorspronklike materiaal bykans onbekombaar is. Die deurtjie waaragter die voëltjie skuil, het afgeval en hy moes dit volledig herstel, insluitend die “skarniertjies” en die meganisme wat daarmee gepaard gaan. “Dit is ‘n ingewikkelde meganisme, aangesien alles aan die beweeg kom sodra die voëltjie sy verskyning maak,” vertel Paul.

Hy het selfs ‘n skaal op die agterkant van die pendulum getrek wat op- en af geskuif kan word om dit makliker te maak om die tyd vinniger of stadiger te stel. Koekoekklokke, veral ouer weergawes (en selfs ander staanhorlosies), het nie die Romeinse syfer IV nie, maar wel vier strepies (IIII). ‘n Interessante legende, wat ook die waarheid kan wees, lui dat ‘n koning van ‘n koekoekklok-vervaardiger gehoor het en graag een wou bekom, maar dit moes uniek wees omdat hy die koning is. Die horlosiemaker het toe die IV met ‘n IIII vervang, wat later deur ander horlosiemakers nageboots is. Dit is interessant om te weet dat vorige woordeboeke ‘n keuse laat tussen die woorde “koekoekhorlosie” en “koekoekklok”, maar die hedendaagse HAT verwys slegs na ‘n “koekoekklok”.

Naas hierdie bekwaamhede, het Paul homself ook as Kerkhorlosie-foendi bewys, waar hy self parte moes vervaardig tydens die herstelprosesse: Elim, Genadendal, NG-gemeente Wellington-Noord en tans die NG-gemeente Gansbaai. Deur Paul se toedoen en deeglike kennis, is ek nou die trotse erfgenaam van ‘n netjiese, werkende koekoekklok wat ek 50+ jaar gelede as kind vir die eerste keer in my ouerhuis aanskou het, maar wat veel ouer as dit kan wees.

Hardus Botha

Koekoek Foendi

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles