Elim en Scattered Links

Elim en Scattered Links

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dit mag snaaks klink, maar hier word na die Scattered Links, Overberg Chapter verwys wat hul motorfietse in die rigting van die Gansbaai Elim Huis laat dreun het. Kort gelede was hulle by Maretha Geldenhuys van Gansbaai Helpende Hand. Hierdie togte van Gansbaai se motorfietsers spruit voort uit hul Desembermaand se liefdadigheidsprojek met “Oranje-kleurige Kartondose” in etlike besighede in die dorp.

Daarmee het hulle soveel klere, babaklere, speelgoed en toilet- en kruideniersware ingesamel, dat hulle dit tussen genoemde twee instansies kon verdeel. Gansbaai Elim Huis is onlangs besoek, waar Joanne Swart, Projek-koördineerder van Elim Home in Elim en Sanna Wessels van Gansbaai Elim Huis die goedere, insluitend kontant, in ontvangs geneem het. “Ons het ook die winste van ons worsstalletjie tydens die aanskakeling van Gansbaai se Kersliggies gebruik en by hierdie donasies gevoeg,” vertel Juanita Maree, een van die organiseerders, asook eggenote van die motorfietsklub se voorsitter, Pieter Maree. Joanne het volledige agtergrond oor die ontstaan en doel van die Gansbaai Elim Huis aan die besoekers oorgedra en ook haar opregte waardering namens Elim Home se bestuur aan hulle oorgedra. Daarna het sy en Sanna hulle op ‘n besigtigingstoer deur die huis geneem. Tans is daar 24 kinders in die volledige projek vir Gansbaai Elim Huis betrokke, waarvan 17 daagliks daar is. Belangstellendes word uitgenooi om die huis tussen 10:30 en 11:30 te besoek om hulself van die aktiwiteite te vergewis. Die Gansbaai-tak van hierdie motorfietsklub het hulself al vele kere bewys as mense met ruim harte vir liefdadigheid. ‘n Vorige opmerking in Gansbaai Courant het tereg ook soos volg gelui: “Hierdie motorfietsers van Gansbaai is beslis nie ‘tange op motorbikes’ nie - hulle is gerespekteerde inwoners met etlike van hulle wat hul eie besighede bedryf - en aan ruim harte vir diegene in nood, is daar by hulle geen tekort nie.”

Vir navrae kan Pieter Maree by 083-292-0190 of Juanita by 083-665-5341 geskakel word. Vir navrae oor Gansbaai Elim Huis kan Joanne Swart by 028-482-1988 of 072-109-1203 geskakel word.

Hardus Botha

Elim en Scattered Links

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

4 Days to Christmas: Rest

4 Days to Christmas: Rest

The big cook-off will start soon. The excitement of a special holiday shared, and all the expectations that go with that.

3 Days to Christmas: Create a New Tradition

3 Days to Christmas: Create a New Tradition

Although it is wonderful to have the old tradition that provides us with belonging and relevance...

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025.

Gansbaai Golf Club
MNRJ Transport Now Accepts Card Payments

MNRJ Transport Now Accepts Card Payments

Good news! MNRJ Transport now accepts card payments with Yoco machines.

MNRJ Transport
Braai Season Safety

Braai Season Safety

It’s braai season!

Summer Style Starts at Koekeloer Boutique

Summer Style Starts at Koekeloer Boutique

Getting ready for your summer getaway? 

See All Articles