Elim en Scattered Links

Elim en Scattered Links

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dit mag snaaks klink, maar hier word na die Scattered Links, Overberg Chapter verwys wat hul motorfietse in die rigting van die Gansbaai Elim Huis laat dreun het. Kort gelede was hulle by Maretha Geldenhuys van Gansbaai Helpende Hand. Hierdie togte van Gansbaai se motorfietsers spruit voort uit hul Desembermaand se liefdadigheidsprojek met “Oranje-kleurige Kartondose” in etlike besighede in die dorp.

Daarmee het hulle soveel klere, babaklere, speelgoed en toilet- en kruideniersware ingesamel, dat hulle dit tussen genoemde twee instansies kon verdeel. Gansbaai Elim Huis is onlangs besoek, waar Joanne Swart, Projek-koördineerder van Elim Home in Elim en Sanna Wessels van Gansbaai Elim Huis die goedere, insluitend kontant, in ontvangs geneem het. “Ons het ook die winste van ons worsstalletjie tydens die aanskakeling van Gansbaai se Kersliggies gebruik en by hierdie donasies gevoeg,” vertel Juanita Maree, een van die organiseerders, asook eggenote van die motorfietsklub se voorsitter, Pieter Maree. Joanne het volledige agtergrond oor die ontstaan en doel van die Gansbaai Elim Huis aan die besoekers oorgedra en ook haar opregte waardering namens Elim Home se bestuur aan hulle oorgedra. Daarna het sy en Sanna hulle op ‘n besigtigingstoer deur die huis geneem. Tans is daar 24 kinders in die volledige projek vir Gansbaai Elim Huis betrokke, waarvan 17 daagliks daar is. Belangstellendes word uitgenooi om die huis tussen 10:30 en 11:30 te besoek om hulself van die aktiwiteite te vergewis. Die Gansbaai-tak van hierdie motorfietsklub het hulself al vele kere bewys as mense met ruim harte vir liefdadigheid. ‘n Vorige opmerking in Gansbaai Courant het tereg ook soos volg gelui: “Hierdie motorfietsers van Gansbaai is beslis nie ‘tange op motorbikes’ nie - hulle is gerespekteerde inwoners met etlike van hulle wat hul eie besighede bedryf - en aan ruim harte vir diegene in nood, is daar by hulle geen tekort nie.”

Vir navrae kan Pieter Maree by 083-292-0190 of Juanita by 083-665-5341 geskakel word. Vir navrae oor Gansbaai Elim Huis kan Joanne Swart by 028-482-1988 of 072-109-1203 geskakel word.

Hardus Botha

Elim en Scattered Links

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles