Al wat kinders (ons almal) nodig het, is liefde en aanraking

Al wat kinders (ons almal) nodig het, is liefde en aanraking

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Die mense het kindertjies na Jesus toe gebring dat Hy hulle moet aanraak.” (Mark. 10:13)

“Hy het sy arms om die kindertjies gesit, hulle die hande opgelê en hulle geseën.” (Mark.  10:16) 

Hierdie week het duisende kinders weer teruggekeer skool toe. Baie vir die eerste keer en ander maar net weer ’n keer - omdat hulle moet gaan! Die vraag wat tog hier aan die begin van ’n jaar gevra kan word, is: Wat het ons kinders die meeste nodig? Is ’n goeie skoolopleiding genoeg en wat kort in die meeste kinders se opvoeding? Hierdie selfde vraag kan ook aan jou en my gevra word. Wat het ons die meeste in ons lewe nodig?

Ons lees in Markus 10 van ’n groep moeders wat hulle kindertjies na Jesus toe gebring het sodat Hy hulle net kon aanraak. Die dissipels wat sekerlik vir Jesus wou beskerm teen sulke onnodige steuring het hulle weggejaag. “Maar toe Jesus dit sien, was Hy verontwaardig en het Hy vir hulle gesê: “Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van GOD is juis vir mense soos hulle.” (Mar 10:14) Wat doen Jesus toe? Hy het Sy arms om hulle gesit en hulle geseën!

Ons moet weer leer om om kinders te omhels en hulle in die Naam van Jesus te seën.  Wat kinders en alle mense, die meeste nodig het, is dat hulle die liefde van Jesus en natuurlik ook ons liefde kan voel en ervaar. Kinders het so baie liefde en aanraking nodig. Vir nege maande is ’n baba styf in die baarmoeder en hoor hulle die hele dag die moeder se hart klop en asemhaling. As baba word hulle baie opgetel en getroetel. Kleuters kry nog so ’n bietjie drukkies en soentjies. Maar die oomblik as kinders begin skool toe gaan hou die meeste drukkies en betuiging van liefde op. Dit is asof ons vir hulle wil sê: Julle moet nou op julle eie voete staan – of julle is in die pad!

Wat ons kinders (en ons!) die meeste nodig het, is liefde en aanraking. Liefde is nie groot geskenke en duur vakansies nie. Liefde is opregte belangstelling en aanmoediging om hulle lewe voluit te leef. Nie ’n najaag van sport- en akademiese prestasie nie, maar die kweek van ’n gesonde selfbeeld wat begin met ’n liefde vir GOD en Sy Woord. Ja, kinders kort deeglike reëls en dissipline waarbinne hulle kan beweeg – maar dit moet verder ondersteun word met liefde en baie aanraking! Is dit nie dalk wat die meeste in kinders se opvoeding ontbreek nie? Kom ons gee aan mekaar daardie Goddelike liefde!

Al wat kinders (ons almal) nodig het, is liefde en aanraking

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles