Al wat kinders (ons almal) nodig het, is liefde en aanraking

Al wat kinders (ons almal) nodig het, is liefde en aanraking

Gansbaai Courant

“Die mense het kindertjies na Jesus toe gebring dat Hy hulle moet aanraak.” (Mark. 10:13)

“Hy het sy arms om die kindertjies gesit, hulle die hande opgelê en hulle geseën.” (Mark.  10:16) 

Hierdie week het duisende kinders weer teruggekeer skool toe. Baie vir die eerste keer en ander maar net weer ’n keer - omdat hulle moet gaan! Die vraag wat tog hier aan die begin van ’n jaar gevra kan word, is: Wat het ons kinders die meeste nodig? Is ’n goeie skoolopleiding genoeg en wat kort in die meeste kinders se opvoeding? Hierdie selfde vraag kan ook aan jou en my gevra word. Wat het ons die meeste in ons lewe nodig?

Ons lees in Markus 10 van ’n groep moeders wat hulle kindertjies na Jesus toe gebring het sodat Hy hulle net kon aanraak. Die dissipels wat sekerlik vir Jesus wou beskerm teen sulke onnodige steuring het hulle weggejaag. “Maar toe Jesus dit sien, was Hy verontwaardig en het Hy vir hulle gesê: “Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van GOD is juis vir mense soos hulle.” (Mar 10:14) Wat doen Jesus toe? Hy het Sy arms om hulle gesit en hulle geseën!

Ons moet weer leer om om kinders te omhels en hulle in die Naam van Jesus te seën.  Wat kinders en alle mense, die meeste nodig het, is dat hulle die liefde van Jesus en natuurlik ook ons liefde kan voel en ervaar. Kinders het so baie liefde en aanraking nodig. Vir nege maande is ’n baba styf in die baarmoeder en hoor hulle die hele dag die moeder se hart klop en asemhaling. As baba word hulle baie opgetel en getroetel. Kleuters kry nog so ’n bietjie drukkies en soentjies. Maar die oomblik as kinders begin skool toe gaan hou die meeste drukkies en betuiging van liefde op. Dit is asof ons vir hulle wil sê: Julle moet nou op julle eie voete staan – of julle is in die pad!

Wat ons kinders (en ons!) die meeste nodig het, is liefde en aanraking. Liefde is nie groot geskenke en duur vakansies nie. Liefde is opregte belangstelling en aanmoediging om hulle lewe voluit te leef. Nie ’n najaag van sport- en akademiese prestasie nie, maar die kweek van ’n gesonde selfbeeld wat begin met ’n liefde vir GOD en Sy Woord. Ja, kinders kort deeglike reëls en dissipline waarbinne hulle kan beweeg – maar dit moet verder ondersteun word met liefde en baie aanraking! Is dit nie dalk wat die meeste in kinders se opvoeding ontbreek nie? Kom ons gee aan mekaar daardie Goddelike liefde!

Al wat kinders (ons almal) nodig het, is liefde en aanraking

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles