Franskraal Rolbalklub beplan om weer met hul gewilde jaarlikse Besigheidsliga Toernooi in Februarie 2015 af te skop. Die eerste spel begin reeds op Woensdag, 4 Februarie 2015 om 18:00 en daarna elke Woensdag.
“Ons wil graag soveel besighede as moontlik by hierdie toernooi betrek,” sê Marius de Wit, sekretaris van die klub. “Indien daar nie genoeg spelers in ‘n bepaalde besigheid is nie, kan dit oorweeg word om met ‘n ander een saam te span, aangesien daar vier spelers per span moet wees.” Marius sê inskrywingsvorms was reeds tydens vorige geleenthede beskikbaar, maar kan op aanvraag elektronies aangestuur word.
Navrae kan gerig word aan Philip Malherbe (President) by 082-920-2941, Jane de Villiers (Visie President) by 076-126-2956 of Marius de Wit (Sekretaris) by 089-260-0892, of stuur ‘n e-pos aan Marius by mtdewit@absamail.co.za.
Hardus Botha