Sakekamer Gholfdag 'n Wenner

Sakekamer Gholfdag 'n Wenner

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Die Gansbaai Sakekamer het 20 Desember 2014 weer ‘n jaarlikse golfdag aangebied - en dit was weer eens ‘n wenner,” sê Jorine van der Merwe, Sakekamer Bestuurslid. “Die doel daarvan is om fondse te bekom vir 2015 se Sakekamerprojekte waarby die hele sakegemeenskap sal baat.” Sy sê al die borge en pryse was oorweldigend. “Dit alles, ingesluit die goeie samewerking van Gansbaai Gholfklub, het van die gholfdag ‘n reuse sukses gemaak met goeie kompetisie, lekker eet, saamkuier, baie pret en ‘n gesellige onderlinge gees wat geheers het,” sê sy.

Die sakekamerbestuur, onder leiding van die ondervoorsitter, René Beukes, saam met Jorine het weer eens gesorg vir ‘n wenner op die Sakekamer se Jaarprogram. Daar was altesaam 39 golfspelers wat minder as die vorige jaar was. Elke speler het ‘n prys ontvang en saam met die veiling wat Bev Swart (Klubkaptein) hanteer het, was daar in totaal ‘n opbrengs van R18,289.90 - beter as die vorige jaar - ongeag minder spelers! Ria van der Merwe met 2 dames van Kleinbaai het gesorg vir ‘n heerlik ontbyt....“5 ster diens....en lekkerste ooit”. Die broodtafel met heerlike pattees, konfyte en kaas is goed ontvang en is deur Awie van der Merwe geborg.

 “Wat ‘n fees van kos....en na die dag se afsluiting is die kos wat oorgebly het, aan Silwerjare Tehuis vir Bejaardes in Blompark geskenk,” vertel Jorine. Gansbaai Sakekamer is baie dank verskuldig aan al die besighede en individue wat as borge opgetree het (alfabeties): A+ Plumbing Electical Gas, Biltong & Nut Corner, Boland Makelaars, Coke SA, Dyer Island Cruises, Fine & Country Overberg, Gansbaai Apteek, Gansbaai Courant, Gansbaai Elektries, Gansbaai Explore, Gansbaai OK Foods, Gansbaai Sand en Klip, Gansbaai Scoops, Gansbaai Superspar, Gansbaai Toerisme, Great White Shark Tours, Gretha Hanekom, Grootbos Foundation, Irvin & Johnson, Kleinbaai Hawe Kafee, Kleinbaai Superette, Lighthouse Tavern, Lumber City, Omega, Overberg Scaffold & Machine Hire, Overtek Computers, Pearly Shells, Prime Cut Meats, PSG Gansbaai, Raka Wines, SAB, Saxon Lodge, Seeff Eiendomme, Supreme Sharks, The Computer Hut, The Pro Shop Somerset-Wes, Tolbos Restaurant, Uijlenes Weddings & Accommodation, Walkerbay Drankwinkel, Watertech Plumbing, White Shark Guest House, White Shark Projects en Zonart Kaggels.

“Ons opregte dank en waardering vanaf die Sakekamer Bestuur aan u almal, sonder u deelname en belangstelling sou die dag nie moontlik gewees het nie!”

Hardus Botha

Sakekamer Gholfdag 'n Wenner

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles