Eerste Skooldag vol Pret

Eerste Skooldag vol Pret

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Gansbaai Courant het die rondte van Vader Cloete gedoen en weer eens tot die gevolgtrekking gekom: Die omgewing mag maar trots wees op die verskeidenheid van skole in die omgewing. Enkele basiese statistieke vir 2015 word verskaf, wat net voorlopige statistieke is. Die skole is Laerskool Gansbaai, Gansbaai Primêr (Blompark), Masakhane Primary School, Die Bron Primêr (Stanford), Laerskool Okkie Smuts (Stanford), St Paul’s Laerskool (Buite Stanford) en Fynbos Akademie (Buite Stanford), asook die omgewing se prestige hoërskool, Gansbaai Academia.

Gansbaai Academia: Skoolhoof: Tommy Wilson en die skoolleuse is “Extedere Alas Verstri” (Sprei jou Vlerke). Statistieke: Gr 8 - 360 leerders (5 klasse); Gr 12 - 90 leerders (3 klasse); Totale aantal leerders is 750, met 26 onderwysers.

Laerskool Gansbaai: Skoolhoof: Eben van der Merwe en die skoolleuse is “Werk en Bid”. Statistieke: Gr R - 42 leerders (2 klasse); Gr 1 - 42 leerders (2 klasse); Totale aantal leerders is 350, met 18 onderwysers.

Gansbaai Primêr (Blompark): Skoolhoof: Tommy Volkwyn en die skoolleuse is “Kennis Beskerm”. Statistieke: Gr R - 53 leerders (2 klasse); Gr 1 - 83 leerders (2 klasse); Totale aantal leerders is 574, met 20 onderwysers.

Masakhane Primary School: Skoolhoof: Victoria Mani en die skoolleuse is “Perseverance is the Key to Success”. Statistieke: Gr R - 90 leerders (3 klasse); Gr 1 - 100 leerders (3 klasse); Totale aantal leerders is 650, met 17 onderwysers.

Die Bron Primêr (Stanford): Skoolhoof: Lionel Pedro en die skoolleuse is “Kennis is Mag”. Statistieke: Gr R - 54 leerders (2 klasse); Gr 1 - 58 leerders (2 klasse); Totale aantal leerders is 507, met 19 onderwysers.

Laerskool Okkie Smuts (Stanford): Skoolhoof: Kobus Koekemoer en die skoolleuse is “Excelsior” (Altyd Hoër). Statistieke: Gr R - 25 leerders (2 klasse); Gr 1 - 30 leerders (2 klasse); Totale aantal leerders is 234, waarvan 53 koshuisleerders is, met 18 onderwysers.

St Paul’s Laerskool (Buite Stanford): Skoolhoof: Jacques Korkie en die skoolleuse is “Press on” (Druk deur). Statistieke (verskil van groter skole): Gr 5 (8 leerders), Gr 6 (10 leerders), Gr 7 (2 leerders); Totale aantal leerders is 20, met 2 onderwysers.

Fynbos Akademie (Buite Stanford): Skoolhoof: Joanie Smith en die skoolleuse is dieselfde as St Paul’s, “Press on” (Druk deur). Statistieke (verskil van groter skole): Gr RR (10 leerders), Gr R (8 leerders), Gr 1 (6 leerders), Gr 2 (9 leerders), Gr 3 (11 leerders) en Gr 4 (9 leerders); Totale aantal leerders is 53, met 6 onderwysers en administratiewe personeel.

Hardus Botha

Hooffoto onderskrif: Met die opening van die skole het dit “gewemel” van Gr R’e wat vanjaar vir die eerste keer skool toe is, asook groot klasse wat met Gr 1’s gevul is en wat vanjaar groter skoolskoene gaan dra. Hierdie opgewonde groepie is Laerskool Gansbaai se Gr R’e.  

Eerste Skooldag vol Pret

Trots op Skole

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

4 Days to Christmas: Rest

4 Days to Christmas: Rest

The big cook-off will start soon. The excitement of a special holiday shared, and all the expectations that go with that.

3 Days to Christmas: Create a New Tradition

3 Days to Christmas: Create a New Tradition

Although it is wonderful to have the old tradition that provides us with belonging and relevance...

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025.

Gansbaai Golf Club
MNRJ Transport Now Accepts Card Payments

MNRJ Transport Now Accepts Card Payments

Good news! MNRJ Transport now accepts card payments with Yoco machines.

MNRJ Transport
Braai Season Safety

Braai Season Safety

It’s braai season!

Summer Style Starts at Koekeloer Boutique

Summer Style Starts at Koekeloer Boutique

Getting ready for your summer getaway? 

See All Articles