Nie net het die skool sy sesde groep graad agts verwelkom nie, maar ook drie nuwe personeellede het by die skool se personeel bygekom.
Me Taylea September gee Fisiese Wetenskap graad 10 – 12 en Natuurwetenskap vir graad 8. Sy het haar studies aan UWK voltooi met Wiskunde en Wetenskap as haar hoofvakke. Sy is oorspronklik van Worcester.
Mnr Bjorn Zeeman gee Engels en LO. Hy het sy studies ook by UWK voltooi en is ook oorspronklik van Worcester.
Me Erin Fourie gee LO en Engels en soos die ander twee aan die UWK studeer en is ‘n boorling van Worcester.
Liezel Mostert