Birkenheaders opgewonde oor 2015

Birkenheaders opgewonde oor 2015

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Dit is sekerlik die eerste keer in die klub se geskiedenis dat daar 17 nuwe aansoeke aan die begin van die jaar op die kennisgewingbord geplaas is,” het Philip Fourie, voorsitter van die Birkenhead Boothengelklub onlangs gesê. Hy sê die aantal klublede, ingesluit booteienaars en skippers, het drasties gegroei wat die gewildheid van die klub beklemtoon. Klublede kom ook Woensdae op ‘n gereelde basis in die klubhuis bymekaar.

Dit dien as ‘n gesellige en ontspanne “Klein-Saterdagaand” en word benut om mekaar beter te leer ken en gesellig saam te kuier. Braaivleisvure word verskaf, tafels met eetgerei word reggeskuif, kroegfasiliteite is beskikbaar en al wat kortkom is die vleisie, slaaitjie en wat ook al. Terwyl die manne kuier en vleisbraai, is daar geleentheid vir die dames (nie verpligtend) om knap danspassies saam met Margi Muller aan te leer. Die eerste Woensdag van 2015 se sosiale byeenkoms is deur sowat 20+ lede en gaste bygewoon en daar is sommer tot laat-aand toe saamgekuier om die woelige week te onderbreek.

Kennis kan nou reeds van die Birkenhead Boothengelklub se jaarlikse “prestige” Valentynsdans in die vorm van ‘n Spitbraai op Saterdag, 14 Februarie 2015 geneem word. Hierdie geleentheid het só gewild geraak, dat alle besprekings nie altyd ge-akkomodeer kan word nie. Bespreek dus vroegtydig. Volle besonderhede sal in die volgende uitgawe van Gansbaai Courant bekendgemaak word.

Navrae en/of besprekings kan nou reeds aan Lorraine Fourie by 083-450-3653 of Johan Wiese by 084-680-1269 gerig word.                                                                 

Hardus Botha

Birkenheaders opgewonde oor 2015

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles