Gansbaai VLV Nuus

Gansbaai VLV Nuus

Gansbaai Courant

‘n Baie Voorspoedige en Geseënde Nuwe Jaar word aan een en almal toegewens. Ons wil ook graag die Matrieks van 2015 ‘n baie geseënde jaar toewens. Ons glo dat 2015 se klas ons net so trots gaan maak soos die van 2014.

VLV Gansbaai skop  hierdie jaar af met groot verwagting, en wil van hierdie geleentheid gebruik maak om al die nuwe intrekkers, afgetredes, jonk, oud en nuut getroude dames te nooi om besoek af te lê en die gasvryheid van VLV Gansbaai te kom geniet. Die eerste vergadering vind plaas op 3 Februarie 2015 om 15:00 in die Pretoriussaal, Gansbaai, onder leiding van Francette Cillie-Malan wat ons sameroeper vir Openbare Sake is. Daar gaan onder andere inligting deurgegee word aangaande die nuwe ID-kaartjies en hoe om te werk te gaan om dit in die hande te kry.

Vir die dames wat deelneem aan kompetisies, wil ons net graag die volgende onder u aandag bring: Konferensie kompetisies: Gesondheidbrood is ‘n kitsgis roerbrood, die Appelkooskonfyt moet in die mikrogolf gemaak word  (onthou die toetspotjie). Woordkuns/Gedig –Die lewe is ‘n Lied, moet by die Februarie vergadering ingegee word, asook die Potloodskets en Fotografie. Takkompetisie is soos volg: Mikrogolf Wortelkoek (resep in program boekie) Valentyns-rankskikking,  6 Tunaviskoekies (eie resep). Inskrywings moet 1 uur by die Pretoriussaal wees.

VLV Gansbaai is not all about competitions, it is a gathering of Ladies where interesting topics are discussed, demonstrations are given, shared information and tips etc are given to make life easier. It is a valuable learning experience. Our membership fee is  only R120 per year and we would like to invite one and all to join us and enjoy our hospitality. You do not need to compete  or enter any competitions.

Ons 85 VLVK herdenkingsblik is ook beskikbaar, dit is pragtig versier met pienk rose, wat ‘n ideale geskenk vir Valentynsdag, Moedersdag of enige spesiale geleentheid is. Die blik is roesvry en kos net R30.00. Vul dit met koekies of beskuit, en jy het ‘n  geskenk wat nie ‘n plaas se geld kos nie.

Should anyone be interested in joining or just to come for a visit, you are more than  welcome to contact Rienie at 081 443 8248 / 0283841170  for more information. This is an open organization and welcomes all.

VLV Groete, Rienie Lüdick

Gansbaai VLV Nuus

Rienie Ludick

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles