Nogtans sal ek jubel en juig in die HERE, my GOD!

Nogtans sal ek jubel en juig in die HERE, my GOD!

Gansbaai Courant

As jy die volgende verse in Habakuk lees dan klink dit asof GOD dit vandag,  in 2015 skryf:  “Hoe lank moet ek om hulp roep voordat U hoor, HERE, moet ek by U bly kla oor geweld voordat U red?” (Hab. 1:2). “Oral rondom my is daar onderdrukking en geweld, en word daar getwis en gebaklei.  Die wet het nie meer krag nie, en daar geskied nie meer reg nie. Slegte mense het die oorhand oor die goeies, en so word die reg verkrag.” (Hab 1:3, 4)

Menige Christen in ons land voel vandag só! Geweld en onreg is aan die orde van die dag.  ’n Mens se lewe word geneem vir ’n paar rand of ’n selfoon. Al hoe meer kinders is betrokke by dwelms en geweld en vir ouers en owerhede is daar geen respek nie.

Spreek Habakuk dalk ’n waar woord as hy sê: “U Here, het die Galdeërs aangestel om die vonnis te voltrek, U, ons Rots, het hulle die mag gegee om ons te straf.” (Hab 1:12)  Is dit nie wat gebeur nie? Het GOD nie só afsku gekry aan wat Sy kinders doen dat Hy ons oorgegee het in die hand van dié wat deur geweld leef nie?  Het dit dan nie nou tyd geword dat ons as christene, as kinders van die Almagtige, in alles terugdraai na die HERE en Hom soek met ’n berouvolle hart en opregte gesindheid nie? Kom ons draai nou terug na die Woord van die HERE en hoor wat Hy vir ons wil sê! Inplaas daarvan om op eie krag staat te maak, ons te verheug oor ons aardse besittings en ons sogenaamde sterk bankrekenings moet ons voor GOD met ’n diep ontsag buig en Sy wil soek. “HERE, ek het gehoor wat van U vertel is en ek is vervul met ontsag vir wat U gedoen het.” (Hab 3:2)  “Toe die berge U sien, het hulle gebewe, stormwaters het verbygespoel, die diep water het gedreun en sy golwe hoog laat opslaan.” (Hab 3:10)  Word eers stil en erken dat GOD GOD is!

Wag! Die boek Habakuk eindig op ’n hoogtepunt” “Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, nogtans sal ek in die HERE jubel, sal ek juig in GOD, my Redder.  Die HERE my GOD gee vir my krag. Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop. (Hab 3:17-19) Hoor jy dit? Al gaan dit hoe sleg en gebeur wat ook al met ons ons moet aanhou om in die HERE te jubel (bly te wees) en te juig oor GOD wat alles ten goed laat meewerk vir dié wat Hom lief het (Rom. 8:28).  Ja, ons moet na GOD draai met ons hele lewe – en Hom loof en prys omdat Hy altyd in beheer is – al gaan alles rondom ons verkeerd! Die boek Habakuk is inderdaad vir ons almal geskryf!

Nogtans sal ek jubel en juig in die HERE, my GOD!

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles