Nogtans sal ek jubel en juig in die HERE, my GOD!

Nogtans sal ek jubel en juig in die HERE, my GOD!

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

As jy die volgende verse in Habakuk lees dan klink dit asof GOD dit vandag,  in 2015 skryf:  “Hoe lank moet ek om hulp roep voordat U hoor, HERE, moet ek by U bly kla oor geweld voordat U red?” (Hab. 1:2). “Oral rondom my is daar onderdrukking en geweld, en word daar getwis en gebaklei.  Die wet het nie meer krag nie, en daar geskied nie meer reg nie. Slegte mense het die oorhand oor die goeies, en so word die reg verkrag.” (Hab 1:3, 4)

Menige Christen in ons land voel vandag só! Geweld en onreg is aan die orde van die dag.  ’n Mens se lewe word geneem vir ’n paar rand of ’n selfoon. Al hoe meer kinders is betrokke by dwelms en geweld en vir ouers en owerhede is daar geen respek nie.

Spreek Habakuk dalk ’n waar woord as hy sê: “U Here, het die Galdeërs aangestel om die vonnis te voltrek, U, ons Rots, het hulle die mag gegee om ons te straf.” (Hab 1:12)  Is dit nie wat gebeur nie? Het GOD nie só afsku gekry aan wat Sy kinders doen dat Hy ons oorgegee het in die hand van dié wat deur geweld leef nie?  Het dit dan nie nou tyd geword dat ons as christene, as kinders van die Almagtige, in alles terugdraai na die HERE en Hom soek met ’n berouvolle hart en opregte gesindheid nie? Kom ons draai nou terug na die Woord van die HERE en hoor wat Hy vir ons wil sê! Inplaas daarvan om op eie krag staat te maak, ons te verheug oor ons aardse besittings en ons sogenaamde sterk bankrekenings moet ons voor GOD met ’n diep ontsag buig en Sy wil soek. “HERE, ek het gehoor wat van U vertel is en ek is vervul met ontsag vir wat U gedoen het.” (Hab 3:2)  “Toe die berge U sien, het hulle gebewe, stormwaters het verbygespoel, die diep water het gedreun en sy golwe hoog laat opslaan.” (Hab 3:10)  Word eers stil en erken dat GOD GOD is!

Wag! Die boek Habakuk eindig op ’n hoogtepunt” “Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, nogtans sal ek in die HERE jubel, sal ek juig in GOD, my Redder.  Die HERE my GOD gee vir my krag. Hy maak my voete soos dié van 'n ribbok, op hoë plekke laat Hy my veilig loop. (Hab 3:17-19) Hoor jy dit? Al gaan dit hoe sleg en gebeur wat ook al met ons ons moet aanhou om in die HERE te jubel (bly te wees) en te juig oor GOD wat alles ten goed laat meewerk vir dié wat Hom lief het (Rom. 8:28).  Ja, ons moet na GOD draai met ons hele lewe – en Hom loof en prys omdat Hy altyd in beheer is – al gaan alles rondom ons verkeerd! Die boek Habakuk is inderdaad vir ons almal geskryf!

Nogtans sal ek jubel en juig in die HERE, my GOD!

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Simple Beauty in Bloom

Simple Beauty in Bloom

Our nature shot is of Petalacte coronata, which was photographed by our conservation team this week.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary.

Gansbaai Tourism
Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Since April 2026, Combined Engineering Solutions (CES) has been hard at work on an ongoing renovation project for an existing home...

Beautiful Baskets Now in Store

Beautiful Baskets Now in Store

At Koekeloer Gift Shop, you’ll find a stunning selection of beautifully crafted baskets ready to suit any need.

Tennisnuus - Wilson Cavaliers Junior

Tennisnuus - Wilson Cavaliers Junior

Baie geluk, ons is ongelooflik trots op julle!

Laerskool Gansbaai
The Courage to Be Yourself

The Courage to Be Yourself

In a world that rewards conformity, it takes courage to remain yourself.

See All Articles