Gelukkige Roomys-man

Gelukkige Roomys-man

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Hierdie beskrywing pas beslis by Stanley Ferreira van Gansbaai Superspar: “Gelukkige Roomys-man”. Stanley vertel weer die verhaal van hoe dit alles begin het.

“Op 1 Maart 2014 het Kelly van Gansbaai Wimpy op ‘n drafstap na my in Spar gekom en my opgewonde meegedeel dat ‘n anonieme persoon vir 10 draairoomyse vir my vooruit betaal het,” sê hy. Hierdie welwillend-heidsgebaar het egter nie by 10 draairoomyse gestop nie.

Nou, ná 11 maande, het Stanley op sy verjaardag voor Gansbaai Wimpy gestaan en sy 333ste draairoomys geëet! Stanley het nog nooit geskroom om oor sy groot liefde vir draairoomyse te praat nie en hy noem sy onbekende weldoener/s sy persoonlike “Roomys Engel/e” wat steeds getrou sorg vir sy daaglikse “draairoomys-ontbyt” - “party dae sommer twee, afhangende van my suikervlak.”

Stanley vertel met die tong in die kies dat hy voel hoe die draairoomyse hom jonger laat voel en geen dokter moet vir hom sê dis ongesond nie. “Ek het selfs al my eie styl aangeleer om daardie daaglikse draairoomys baie sag en mooi te hanteer wanneer dit geëet word,” vertel hy. “Dankie weer eens, Roomys Engele, julle besef nie hoe baie ek dit geniet nie en die gedagte dat ek binnekort weer 17 jaar oud gaan wees, maak my baie opgewonde, maar dankie ook aan Gansbaai Wimpy vir julle flink diens en smaaklike roomyse.”                                               

Hardus Botha

Gelukkige Roomys-man

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles