Perlemoendop: Nie net ou asbakkie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

In Die Burger van Dinsdag, 13 Januarie 2015 skryf Jean-Pierre de Kock dat ‘n perlemoenskulp nie net ‘n “ou” asbakkie is nie. “Met ‘n streepsak vol en met die vraag, ‘doen ek werklik genoeg?’, wonder ‘n mens hoeveel tyd die stadig-groeiende spesie moontlik oor het voordat net strande vol leë skulpe ál is wat oorbly?”, is sy opmerking. Onder andere verwys Jean-Pierre na die strandgebied tussen Pearly Beach en Uilenkraalsmond waar hy en sy gesin op enorme hope perlemoenskulpe afgekom het.

“Hier waar stropers perlemoene ontskulp, in streepsakke gooi en oor die duine wegdra, staan nou ‘n berg doppe hoër as ‘n huis se dak,” sê hy. Hy sê die Departement van Omgewingsake het nie inligtingsborde opgesit (soos in die geval van walvis-maniere of die vroeë Khoisan-lewe) om te verduidelik waar die dophoop vandaan kom nie. “Daar is ook nie aantekeninge en illustrasies oor hoe stropers in die nag met flitse by die Dyereiland-reservaat rotsbanke leeg oes voordat hulle terugswem na Pearly Beach, waar hul makkers op die strand waghou nie.” Jean-Pierre verwys ook daarna dat “weens die voortgesette perlemoen-strooptogte langs die kus is, dit nou selfs onwettig is om met ‘n duikbril en ‘n snorkel hier te swem - slegs kommersiële duikers wat hul tonne uitry, het nog perlemoenkwotas.”

Maar hy sê dit was nie altyd so nie. “My ouma het ál haar kleinkinders in hierdie vlakwaters leer duik, jou leer spoeg in jou duikbril sodat dit nie opwasem nie en jou gewys hoe om seewater uit jou snorkel te blaas wanneer jy opkom.” Hy vertel met oorgawe oor onderwater se kleurryke anemone, haaibeursies, pylsterte wat verbysweef, sonstrale deur die bamboeswoude en veel meer. “En waag dit om ‘n ondermaat perlemoen uit te duik, of om jou kwota te oorskrei - die roede is ingespan!

“Só het ons die versteekte wonderwêreld in dié waters ontdek, maar met dophope soos dié, sal ons nageslagte moontlik nooit wettig die seelewe om Danger Point se kuswaters beleef nie - vir húlle sal ‘n perlemoendop dalk niks meer as ‘n ou asbakkie wees nie!”

Hardus Botha

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles