Gansbaai Karavaanpark se nuwe blaadjie

Gansbaai Karavaanpark se nuwe blaadjie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die nuwe (tydelike) Bestuurder van Gansbaai Karavaanpark, Norman Stevens, het gedurende die afgelope vakansieseisoen behoorlik lewe in die karavaanpark ingepomp en die park na ‘n nuwe blaadjie laat omslaan. Groot pret en gesellighede is gereël, soos onder andere ‘n potjiekoskompetisie, ‘n waatlemoenkompetisie, ‘n Oupa & Ouma kompetisie en veel meer soos “touch rugby” en ander boeresport wat aangebied is.

Die hoogtepunt was ‘n Mnr & Mej Gansbaai Karavaanpark Kompetisie wat deur Zane Zandberg en Carla Bouwer gewen is. Hulle was saam met vriende van Robertson daar. “Dit is nie waar die pret nou eindig nie,” vertel Norman. “Ons beplan om ‘n gesellige Valentynsnaweek aan te bied.” Hierdie gesellige naweek, wat net groot pret kan wees, word gedurende die naweek van 13 tot 15 Februarie 2015 aangebied. Vrae soos: “Hoe ken jy jou metgesel?” en andere sal deel vorm van die Valentynsnaweek. Norman is tydelik aangestel nadat Charlie Nowers en sy eggenote, Liz, ná 22 jaar as Bestuurspan van Gansbaai Karavaanpark afgetree het.

Vir enige navrae, veral met die oog op die Valentynsnaweek, kan Norman by 028-384-0872 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan hom by gbkaravaanpark@gmail.com.

Hardus Botha

Gansbaai Karavaanpark se nuwe blaadjie

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles