2015 is die begin van die sesde jaar van Academia. Vanjaar is daar byna 200 graad agts, almal met blink oë en opgewondenheid oor die nuwigheid van hoërskool. Die leerders het reeds op Dinsdag, 20 Januarie by die skool aangemeld om hul handboeke te ontvang en in klasse ingedeel te word.
Soos in lyn met die tradisie van die skool, is die groep die eerste week Nemos genoem, soos in die gewilde fliek “Finding Nemo,” want hulle is maar nog verlore in die begin. Die hoogtepunt was Vrydag, 23 Januarie toe die leerders ingelyf is as ware Sharkies. Eers was daar groep – gees gebou en lede vir die VRL genomineer, asook ‘n toets oor die skool se geskiedenis. So ‘n inlywing kan ook nie plaasvind as daar nie ‘n konsert ook bygegooi word nie. Die groep leerders het getoon daar is baie talent en ons sien uit na ‘n groot toevloei na die koor en drama. Die kersaansteek geleentheid is een van die vele tradisies wat die skool al gevorm het en is ‘n baie spesiale oomblik.
Liezel Mostert