Die DA se raadslid vir Wyk 2 (De Kelders, Gansbaai en Blompark), rdl Riana de Coning, het die nuwe jaar afgeskop met ‘n welwillendheidsbesoek aan Gr 1 leerders van die onderskeie laerskole. Sy het hulle sterkte toegewens met hulle skoolloopbane wat voorlê, asook vir die 2015 akademiese jaar. “Ek het ook ‘n lekkertjie aan elke leerder oorhandig om hul eerste skooldag ‘n bietjie meer ‘soet’ te maak,” vertel sy. Riana is, ná die bedanking van rdh Pieter Scholtz, as kandidaat aangewys wat suksesvol met haar aansoek was.
Sy is reeds sedert 2011 aktief by die Gansbaai-tak van die DA betrokke, waar sy haarself as ‘n toegewyde ondersteuner en harde werker onderskei het. Kort ná haar aanstelling, het Riana gesê dat sy onder andere daarna strewe om as verteenwoordiger van die gemeenskap ‘n skakel te wees tussen die inwoners en die Munisipaliteit - ‘n taak wat sy wil bewerkstellig deur die vestiging van effektiewe kommunikasiekanale, terwyl sy ook ernstige aandag aan ‘n DA Jeugtak skenk, wat een van haar prioriteite is. Riana kan by 083-597-2781 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan haar by rdc@axxess.co.za.
Hardus Botha