Respek vir die ankerman

Respek vir die ankerman

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

In plaas van die weeklikse hengelrubriek word daar nou  onder Seedinge geskryf. Nie dat dit so ‘n vreeslike verandering beteken nie, maar nou is daar ‘n nog groter opsie om oor  te skryf  --  die see en alles wat daarmee gepaard gaan. Daar gaan nog lekker geskryf en gelees word.

By die vissersbote wat ons ken is die man aan die stuur, of die skipper dan, die een wat gewoonlik die bevele gee. Die ankerman reken ek is die persoon wat die volgende aan die beurt staan sover dit verantwoordelikheid betref. Dit klink nie reg nie, nê! Dink bietjie. Waar die “crew” al vir ‘n heel ruk bymekaar is en die ankerman vervolgens sy storie ken sal dit so effens anders daar uitsien. Hy doen sy werk gemaklik, maar sy verantwoordelikheid bly  --  hy ken maar net sy storie beter as die groentjie.

Gewoonlik word hierdie man dan ook aangewys omdat hy liggaamlik meer geskik is om die werk te kan doen as die ander. Daar is wel verskillende maniere om die anker te bedryf. Hou in gedagte, wanneer jy voor in die neus geplaas word, is dit jou werk! Alle voorspoed.

Almal behoort te weet dat daar meer aan die trek van die anker is as wat algemeen aanvaar word. Eerstens is daar die ondankbaarheid van die ankerwerk. Wie wil in elk geval sy werk doen? Terwyl die man nog anker uitgooi en moet toesien dat die tou styfloop voor hy sy lyne kan uitgooi, het die ander manne al lankal hulle lyne in die water. Hy kan maar net kyk. En indien die anker vassit en daar word gesukkel, is dit ook nie so eenvoudig nie. Meerendeel moet die ankerman en die skipper ooreenkom wat gedoen moet word om alles veilig te hou. Daar is baie meer om op te let as net of die ankertou al styfgetrek het en dan die anker nader te bring. Dis dan wanneer die skipper nou met hom sal saamwerk en verskeie maniere sal probeer om ‘n oplossing te vind. Veral wanneer die water rof is beteken dit dat daar baie versigtig en planmatig opgetree moet word. Stel jou net voor, ‘n groentjie as ankerman, wat nie gehelp word nie en roekeloos op sy eie aangaan. Ook die gooi van die anker het sy probleme. As daardie tou onder die boot deurloop (gewoonlik is die skipper darem bedag op hierdie een!) is daar eindelose probleme. En die man wat die anker moet laat sak (nie gooi nie) wanneer jy tussen ander bote lê, sal weet hoe dit gedoen moet word. Hier word baie verleentheid gespaar.

Natuurlik kan jy iemand wys hoe om met die anker te werk, maar sal so ‘n persoon nie veel meer werd wees  indien hy dit self behoorlik kan doen en die veranwoordelikheid besef nie? Hoede af vir die ankerman!

Die manne met die lang stokke vang steeds hulle kabeljou, veral by die Gruis terwyl die amperbootjies ook goed vaar. Oppas net vir die baie kleintjies. By Joubert se Dam is ‘n paar baie mooi PW’s gevang.

Groete, Seemeeu

Respek vir die ankerman

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles