Pou kom kuier

Hierdie pou het doodluiters, saam met ‘n spannetjie fisante, by Francois de Jongh van Gansbaai Courant se woning in De Kelders aangekom en ongestoord saam met sy fisant-metgeselle in die tuin begin skrop. Indien iemand na ‘n verlore pou, wat uiters skaars in hierdie omgewing is, soek, kan navrae by Gansbaai Courant gedoen word. Miskien is sy steeds in die omgewing. Siek soos wat hy is, het Francois enkele foto’s deur sy woning se venster geneem - eenmaal joernalis, altyd joernalis!