Die Bron se nuwe Skoolhoof

Die Bron se nuwe Skoolhoof

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “My persoonlike visie is om kwaliteit onderwys aan alle leerders te voorsien sodat elkeen van hulle tot volle potensiaal as volwassenes sal kan ontwikkel,” sê Laerskool Die Bron in Stanford se nuutaangestelde skoolhoof, Lionel Pedro.

“Voorts wil ek daarna strewe om ‘n positiewe skoolklimaat deur middel van ‘n doeltreffende en funksionerende instansie te skep - en daarmee saam die uitbou van ‘n skooltrots onder leerders.” Lionel is aangestel ná die uitdienstrede van Sybill October op 30 September 2014, ná sowat 47 jaar as opvoeder by dié skool, waarvan die laaste 20 jaar as skoolhoof. Op Woensdag, 21 Januarie is die ouers en leerders aan die nuwe skoolhoof voorgestel en die geleentheid is deur mnr B Loriston (Direkteur: Overberg) en mnr Dudley Coetzee (Wykraadslid) bygewoon. “Nog eregaste tydens die geleentheid was voormalige opvoeders, asook twee voormalige skoolhoofde, mnr. WT Appel en me SG October en hulle is deur hul gades vergesel,” het mnr Coetzee gesê. Lionel is in Knysna gebore en het daar grootgeword, waar hy aan die Knysna Sekondêre Hoërskool matrikuleer. Sy studieloopbaan spreek boekdele: Hoër Onderwys Diploma (HOD) aan die Onderwys Kollege in Worcester; Diploma in Onderwysbestuur aan die destydse Randse Afrikaanse Universiteit (RAU); Honneursgraad aan die Universiteit van Stellenbosch in Kurrikulumstudies; Projekbestuur aan die Nelson Mandela Metropliaanse Universiteit (NMMU) in Port Elizabeth. Hy beklee sy eerste onderwyspos aan Laerskool Knysna in 1995, daarna aan die Knysna Sekondêre Hoërskool vanaf 1996 tot 2003, waar hy ook as Departementshoof aangestel word. Vanaf 2004 tot 2010 is hy by projekte in die George Distriks Onderwyskantoor vir 4 jaar betrokke, waarna hy weer by die Concordia Hoërskool in Knysna aangestel word tot en met 2014.

Tussendeur al sy bedrywighede het Lionel ook by die Noordwes Universiteit se George Kampus klas gegee aan onderwysers wat hulself verder wou bekwaam.  “Mens kan sê ek het in ‘n ‘onderwyshuis’ grootgeword met my ma wat ‘n onderwyser was, maar net ek en my een broer het in haar voetspore gevolg,” sê Lionel. Die broer waarna hy verwys is ‘n bekende onderwyser in Gansbaai, Neil Pedro, wat tans die Adjunkhoof van Gansbaai Primêr is.

Lionel se stokperdjies is sonder twyfel goeie afleiding vir veeleisende onderwystake - die bywoning van veilings en besoeke aan tweedehandse winkels met oudhede. Tans is daar 16 leerkragte in Laerskool Die Bron, met sowat 500 leerders en klasse wat op twee bene staan - Afrikaans en Engels (waarby Xhosa ingesluit is). Ná vele jare se studies en ervaringe, wag daar nou ‘n nuwe uitdaging as Laerskool Die Bron se skoolhoof op Lionel - ‘n uitdaging waarna hy met entoesiasme uitsien.

Hardus Botha

Die Bron se nuwe Skoolhoof

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stunning Deep-Sky Astrophotography: Nebulae and Galaxies

Stunning Deep-Sky Astrophotography: Nebulae and Galaxies

With the Moon out of the way and weather improving somewhat, there was a few hours gap last night for collecting a few photons.

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

See All Articles