Die Bron se nuwe Skoolhoof

Die Bron se nuwe Skoolhoof

Gansbaai Courant

 “My persoonlike visie is om kwaliteit onderwys aan alle leerders te voorsien sodat elkeen van hulle tot volle potensiaal as volwassenes sal kan ontwikkel,” sê Laerskool Die Bron in Stanford se nuutaangestelde skoolhoof, Lionel Pedro.

“Voorts wil ek daarna strewe om ‘n positiewe skoolklimaat deur middel van ‘n doeltreffende en funksionerende instansie te skep - en daarmee saam die uitbou van ‘n skooltrots onder leerders.” Lionel is aangestel ná die uitdienstrede van Sybill October op 30 September 2014, ná sowat 47 jaar as opvoeder by dié skool, waarvan die laaste 20 jaar as skoolhoof. Op Woensdag, 21 Januarie is die ouers en leerders aan die nuwe skoolhoof voorgestel en die geleentheid is deur mnr B Loriston (Direkteur: Overberg) en mnr Dudley Coetzee (Wykraadslid) bygewoon. “Nog eregaste tydens die geleentheid was voormalige opvoeders, asook twee voormalige skoolhoofde, mnr. WT Appel en me SG October en hulle is deur hul gades vergesel,” het mnr Coetzee gesê. Lionel is in Knysna gebore en het daar grootgeword, waar hy aan die Knysna Sekondêre Hoërskool matrikuleer. Sy studieloopbaan spreek boekdele: Hoër Onderwys Diploma (HOD) aan die Onderwys Kollege in Worcester; Diploma in Onderwysbestuur aan die destydse Randse Afrikaanse Universiteit (RAU); Honneursgraad aan die Universiteit van Stellenbosch in Kurrikulumstudies; Projekbestuur aan die Nelson Mandela Metropliaanse Universiteit (NMMU) in Port Elizabeth. Hy beklee sy eerste onderwyspos aan Laerskool Knysna in 1995, daarna aan die Knysna Sekondêre Hoërskool vanaf 1996 tot 2003, waar hy ook as Departementshoof aangestel word. Vanaf 2004 tot 2010 is hy by projekte in die George Distriks Onderwyskantoor vir 4 jaar betrokke, waarna hy weer by die Concordia Hoërskool in Knysna aangestel word tot en met 2014.

Tussendeur al sy bedrywighede het Lionel ook by die Noordwes Universiteit se George Kampus klas gegee aan onderwysers wat hulself verder wou bekwaam.  “Mens kan sê ek het in ‘n ‘onderwyshuis’ grootgeword met my ma wat ‘n onderwyser was, maar net ek en my een broer het in haar voetspore gevolg,” sê Lionel. Die broer waarna hy verwys is ‘n bekende onderwyser in Gansbaai, Neil Pedro, wat tans die Adjunkhoof van Gansbaai Primêr is.

Lionel se stokperdjies is sonder twyfel goeie afleiding vir veeleisende onderwystake - die bywoning van veilings en besoeke aan tweedehandse winkels met oudhede. Tans is daar 16 leerkragte in Laerskool Die Bron, met sowat 500 leerders en klasse wat op twee bene staan - Afrikaans en Engels (waarby Xhosa ingesluit is). Ná vele jare se studies en ervaringe, wag daar nou ‘n nuwe uitdaging as Laerskool Die Bron se skoolhoof op Lionel - ‘n uitdaging waarna hy met entoesiasme uitsien.

Hardus Botha

Die Bron se nuwe Skoolhoof

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Congratulations to Grootbos which won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Grootbos Foundation
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

We're excited to announce that Grootbos won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos, die restaurant, bekend vir sy krokodille, op die dangerpoint-pad, het ‘n bedrywige en gesellige ‘First Thursday’ op Donderdagaand, 4 April 2024.

Gans-Berg Nuus / News
Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf competition results for 17 - 21 April 2024.

Gansbaai Golf Club
SMEG Traditional Kitchen Collection

SMEG Traditional Kitchen Collection

Explore the perfect blend of style and practicality with the SMEG Traditional Kitchen Collection, now in stock at S Herholdt. 

S Herholdt
See All Articles