Basiese kamerahantering

 Basiese kamerahantering

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Dit is belangrik om te onthou dat fotografie nie ‘n kuns is nie….dit is kuns,” het Clive Bailey, ‘n Bestuurslid van Gansbaai Fotografieklub tydens sy leersame Powerpoint-aanbieding, “Digital Camera Basic Control”, gesê. Die klub se byeenkoms op Maandag, 2 Februarie 2015 is goed bygewoon, met voorsitter Riaan Jacobs wat enkele aspekte van belang onder die lede se aandag gebring het. Die klub se permanente foto-uitstalling by Gansbaai Toerisme is feitlik gereed, terwyl die webtuiste, wat deur Veronica du Plessis in stand gehou word, ook reeds vele inligting, program ingesluit, bevat. Daarna het hy vir Clive aan die woord gestel.

Clive het met verduidelikings van die drie belangrikste basiese beginsels van fotografie in die vorm van ‘n driehoek begin: “The Exposure Triangle” - Bo: “Aperture (Dept of Field)”, links onder: “Shutter speed (Motion & Blurr)” en regs onder: “ISO Setting (Image Noise or Grain). Daarna het Clive stap-vir-stap die onderskeie funksies (“Program Modes”) van digitale kameras bespreek, met die volgende opmerking: “As jy die outomatiese funksie gebruik, is dit die programmeerder van die kamera se idees wat jy gebruik, maar as jy self met die verskillende opsies werk, is dit jou eie idees en foto’s - en eers dan word dit vir jou ‘kuns’ wat jy beoefen.” Hy het etlike van sy uitstekende foto’s as voorbeelde gebruik om die verskillende verstellings deeglik te illustreer, wat demonstrasies soos die volgende ingesluit het: “White balance, Colour compensation, Metering & exposure, Background, Middle Grey, Image histogram, Metering options, Exposure compensation”. Clive se volledige Powerpoint-aanbieding sal op die klub se webtuiste geplaas word. Clive het erkenning verleen aan ‘n uitstekende webtuiste: http://www.cambridgeincolour.com.

Datums om te onthou, is die volgende byeenkoms op 16 Februarie met die foto-tema “Kop-en-Skouers / Head & Shoulders”; 2 Maart, vir sluiting van die foto-kompetisie met die tema “Action/Aksie”.

Navrae rakende die klub kan aan Riaan Jacobs (voorsitter) by 082-373-8270 gerig word, of stuur ‘n e-pos aan hom by aejacobs@telkomsa.net.

Besoek gerus Gansbaai Fotografieklub se interessante webtuiste, www.gansbaaiphotographyclub.co.za.

Hardus Botha

 Basiese kamerahantering

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles