Bietoubossers op dreef

Bietoubossers op dreef

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Die Bietoubossers het nie op hulle laat wag nie en die eerste byeenkoms het reeds op 13 Januarie plaasgevind,” vertel Elizma de Lange van die Bietoubos Damesklub van Perlemoenbaai en De Kelders. Sy sê Enna Lotz het die musiek- en kunstalente van die besoekers ‘n bietjie uitgedaag met die spel “Pictionary”.

“Kunstig of te nie, almal het ywerig meegedoen en in die proses is ‘n bietjie van die ou jaar se sorge vergeet,” sê sy. Soos gebruiklik, was daar weer eens geen tekort aan heerlike versnaperinge, lekker saamkuier en gesels, veral so na ‘n lang vakansiebreek nie.

Die dames se positiewe uitkyk op 2015 word duidelik in die volgende aanhalings in hulle Nuusbrief weerspieël: “Kom ons sing so ver ons gaan; dan sal die pad minder vermoeiend wees” - Vergilius en “Moenie die lewe te ernstig opneem nie; jy sal nooit lewendig daar uitkom nie” - Elbert Hubbard.

Die volgende byeenkoms is op 10 Februarie om 10:00 in die kategesesaal by die NG Kerk, met Carine Badenhorst as die gasspreker en Enna Lotz en Elizma de Lange as gasvrouens. “Valentynsdag sal dan net om die draai wees - so bring gerus ‘n rooi roos saam,” sê Elizma.

Indien daar dames van De Kelders, Perlemoenbaai of Gansbaai is wat belangstel om aan te sluit of meer inligting verlang, kan die voorsitter, Annette van Zyl by 028-384-1075 gekontak word, of skakel vir Elizma de Lange by 028-384-1963.

Hardus Botha

Bietoubossers op dreef

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles