Jongboere Groei die Toekoms

Jongboere Groei die Toekoms

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dit is weer tyd om erkenning te gee aan Wes-Kaapse jongboere wat met fokus, innovering en entrepreneursvernuf die landbousektor van die provinsie en die land die toekoms in neem.

Agri Wes-Kaap is opgewonde om weer vanjaar saam met Santam Landbou ‘n Jongboer van die Jaar aan te wys wat deur toewyding en passie bydra tot die groeiende bevolking se behoefte aan voedselsekerheid. Die Wes-Kaapse wenner, wat in Mei aangekondig sal word, dring deur na die Nasionale Toyota SA Agri SA Jongboer van die Jaar wat later vanjaar aangebied word. ‘n Splinternuwe Toyota bakkie is onder meer vir die wenner op die spel.

Agri Wes-Kaap gee ook vanjaar aan lede van die publiek die geleentheid om ‘n jongboer vir die kompetisie te nomineer. Enige produsent onder die ouderdom van 35 jaar mag aan die kompetisie deelneem en lede van die publiek wat voel ‘n spesifieke produsent verdien erkenning, kan hom of haar vir die kompetisie nomineer. Skakel vir Johanne Rossouw by (021) 860 3804 of johanne@awk.co.za om ‘n waardige kandidaat te nomineer.

Jongboere word ook aangemoedig om vir die kompetisie in te skryf om hulle kundigheid, ervaring en visie vir die landbousektor te deel deur die wye mediadekking wat aan die provinsiale wenners gegee word. Agri Wes-Kaap weet sy jongboere is die beste van die beste en ons sien nes vorige jare uit na ‘n rekordgetal inskrywings.

Inskrywingsvorms is beskikbaar by Johanne Rossouw by (021) 860 3804 of johanne@awk.co.za. Inskrywings sluit op Vrydag 27 Februarie. Gaan like die Agri Wes-Kaap Facebook-bladsy om op hoogte van die kompetisie en die finaliste te bly.

 Jeanne Boshoff

Jongboere Groei die Toekoms

Jeanne Boshoff

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stunning Deep-Sky Astrophotography: Nebulae and Galaxies

Stunning Deep-Sky Astrophotography: Nebulae and Galaxies

With the Moon out of the way and weather improving somewhat, there was a few hours gap last night for collecting a few photons.

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

See All Articles