Die krag van ons woorde

Die krag van ons woorde

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Sit 'n wag voor my mond, HERE, hou tog wag oor wat ek sê.” (Ps 141:3)  

“'n Mens vind vreugde daarin as hy die antwoord het; wat is beter as die regte woord op die regte tyd?” (Spr. 15:23)  “Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.”

(Mat 12:34)

“Wat julle sê, moet altyd vriendelik wees en van goeie smaak getuig; en julle moet weet hoe julle elkeen behoort te antwoord.” (Kol 4:6)

Die prys van alles het opgegaan. Behalwe dié van woorde – die het blykbaar gedaal.” (Johan Heyns) Ek dink dit is baie waar van die tyd waarin ons leef. Ons praat al hoe minder met mekaar – ons ‘teks’ sommer met ons selfone! Ons spreek ons eie opinie oor sake ook nie meer uit nie, want ons is bang vir wat mense sal sê. Ja, ons steek ons ware gevoelens maklik weg agter vleitaal en katvriendelike woorde. Geen wonder dat mense mekaar misverstaan en mekaar glad nie meer vertrou nie.

Woorde is egter baie kosbaar. Die Bybel word ook nie verniet GOD se Woord genoem nie. GOD het direk met ons kom praat deur Sy Seun Jesus Christus. Ek en jy mag praat omdat Jesus, die Woord, met ons gepraat het en nog elke dag wil praat. Nou mag ons nie meer ophou praat nie. Deur die woorde wat ek praat, maak ek myself aan ander bekend. Ons moet mekaar aanmekaar bemoedig met opbouende woorde en mekaar ondersteun met woorde van wysheid en waarheid.

Daar is krag in ons woorde. Ons kan met wat ons sê iemand anders se selfbeeld afbreek of opbou. Daarom moet jy dink voordat jy praat. Jy moet die Heilige Gees vra om jou gedagtes só te rig sodat jy altyd die regte woorde sal gebruik. Met wat jy vandag vir iemand gaan sê kan jy sy/haar hele lewe in ’n nuwe rigting instuur. Woorde gee hoop. Napoleon Bonaparte het gesê: “Ons regeer die wêreld deur ons woorde.”  Daarom moet jy ook aandag gee aan wat jy heeldag dink. As jy jou gedagtes met rommel en gemors vul, gaan dit by jou mond uitkom. Vul eerder jou gedagtes met alles wat mooi en waar en edel is. (Fil. 4:7,8).  As jy werklik ’n verskil in jou wêreld wil maak, moet jy die Woord van God bestudeer en dit jou eie maak. GOD praat deur Sy Woord met jou – en die Heilige Gees gee jou die wysheid om teenoor ander die regte woorde te gebruik.

Mag ons almal meer en meer met mekaar praat. Veral met ons kinders. Met ons huweliksmaats. Met die moedeloses. Ja, met almal wat op ons pad kom!

“Ons harte het woorde net so nodig soos liefde!”

(NP van Wyk Louw)

Die krag van ons woorde

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Simple Beauty in Bloom

Simple Beauty in Bloom

Our nature shot is of Petalacte coronata, which was photographed by our conservation team this week.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary.

Gansbaai Tourism
Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Since April 2026, Combined Engineering Solutions (CES) has been hard at work on an ongoing renovation project for an existing home...

Beautiful Baskets Now in Store

Beautiful Baskets Now in Store

At Koekeloer Gift Shop, you’ll find a stunning selection of beautifully crafted baskets ready to suit any need.

Tennisnuus - Wilson Cavaliers Junior

Tennisnuus - Wilson Cavaliers Junior

Baie geluk, ons is ongelooflik trots op julle!

Laerskool Gansbaai
The Courage to Be Yourself

The Courage to Be Yourself

In a world that rewards conformity, it takes courage to remain yourself.

See All Articles