Interaktiewe Witborde vir GB Primer

Interaktiewe Witborde vir GB Primer

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Ons is bevoorreg en voel nou soos leiers op die gebied van die tegnologie,” het Tommy Volkwyn tydens die oorhandiging van Interaktiewe Witborde (Interactive White Boards - Smart) gesê.

Die twee borde is vir R52,000 aangekoop met fondse wat deur Jack Doyle van Chester Le Street, Engeland tydens fondsinsamelingsfunksies onder besigheidslui in Engeland ingesamel is. Onder andere is £500 by die Banks Group gekry en £500 by Kavin Maguire, wat ‘n leierjoernalis vir die Daily Mirror in Engeland is.

“Ons is oneindige dankbaarheid aan Jack en Anita verskuldig vir hul voortgesette betrokkenheid by die skool,” sê Tommy. Hy sê die personeel is reeds op 4 Februarie opgelei om die Interaktiewe Witborde te hanteer, waarna leerders ook opgelei sal word. “Die Wes-Kaapse Departement van Onderwys het te kenne gegee dat nuwe tegnologiese opleidingsmetodes teen 2017 in die Wes-Kaap uitgerol sal word,” sê Tommy. “Daarom voel ons nou reeds soos leiers op hierdie gebied.” Tommy beplan om voorlopig op Wiskunde, Wetenskap & Tegnologie en Tale met die witborde te fokus. Hy het vir Jack en Anita gewys waar die borde geïnstalleer is en hulle daarna na die biblioteek geneem.

“Ons is reeds in ‘n proses om die boeke wat ontvang is op ons stelsel in te sleutel,” het hy verduidelik. “Daar is egter soveel boeke dat ons beplan om groot hoeveelhede aan Gansbaai Academia en Masakhane Primary School te skenk.” Vele is al in Gansbaai Courant geskryf oor hierdie “Engelsman met die Goue Hart” vir hierdie omgewing en hy gaan steeds aan met nuwe projekte.

“I love this place, the people and what’s been done here to help poor communities,” is telkens sy antwoord op die vraag waarom hy soveel moeite doen.

Hardus Botha

Interaktiewe Witborde vir GB Primer

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles