2015 se gemengde liga het Saterdag, 31 Jan, in alle erns begin. Gansbaai se span het teen Napier op hulle tuisbane gaan speel. Weer eens was dit 'n taai stryd, soos altyd teen Napier. 5 van die 8 westryde is in drie stelle beslis. Gansbaai het met 5 wedstryde teen 3 gewen. Baie geluk aan die span! Dankie aan al die spelers: Carien Gooding, Lyn Bouchier, Liesel Joubert, Celia van Blerck, Liandro Lodewyk, Daniël Geldenhuys, Eben Lourens en Gerhard Germishuys vir julle opoffering. Liandro is die enigste speler wat albei sy wedstryde in 2 stelle gewen het en is daarom as die "man of the match" aangewys. Baie geluk!
Die jaar het nie sonder beserings en terugslae begin nie. Sterkte aan Alta van Niekerk en Eddie Botha met julle beserings - hoop om julle gou weer op die baan te sien.
Ons speel eerskomende Saterdag op Worcester teen 'n gekombineerde span van Ceres en Koue Bokkeveld. Voorspoed aan die span.
Sosiale tennis gaan nog steeds voort soos altyd: Woensdae oggende vanaf 9h by die munisipale bane en Saterdae middae vanaf 2h by die Laerskool se bane. Almal is welkom.
Tennisgroete, Daneel Geldenhuys