Francis se dag

Francis se dag

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Sommer vir die manne wat sukkel om gewoond te word daaraan dat hulle nie deel is van die kabeljou /geelbek-stories nie. Dis nou die ouens wat hard maar onsuksesvol probeer om darem een of ander tyd ook een van hierdie visse te vang  --  en hulle is mos veronderstel om nou te byt! Die raad is  --  hou nog so klein bietjie aan, oor ‘n paar weke is dit kwepertyd en dit beteken dis tyd vir die hotties. Dan gaan ons weer lekker saamvang, miskien is daar sommer ‘n punt te wys ook!

Daar gebeur soms dinge op see wat juweeltjies is en vir ewig onthou sal word…

Ons het dié jaar vriende gemaak met nuwe intrekkers in De Kelders en van die see het hulle maar min geweet maar het besluit om saam te gaan en die kreefuithalery te beproef. Daardie dag kon Sakkie dit nie maak nie, maar Francis was gereed vir die bootstorie. Hy het haar gewaarsku om haar winkeltande uit te haal, want, het hy vermaan, “jy gaan seesiek word, die goed is duur en ek koop nie ander tande vir jou nie!”

Die dag het baie goed verloop. Ek, my vrou en Francis het die kreefnette met gemak hanteer en ons het selfs ‘n paar visse gevang. Francis was heel opgewonde en het geen teken van seesiek getoon nie. Ek moet byvoeg dat ek geen simpatie het met enigeen in hierdie verband nie  --  nog elkeen wat ek ken spog later met hoe siek hulle geword het. Hoe sieker hoe meer word daaoor gepraat. Dus voel ek glad nie skuldig om die storie so bietjie aan te help nie. My metodes sal egter geheim moet bly want sommiges sal dit uitbuit.

Dan moet ek eerlik wees en erken dat ek die moontlikheid oorweeg het om die siekwordstorie so bietjie kunsmatig aan te help. Ek het egter nie tot aksie oorgegaan nie want Francis het haar ordentlik geniet en in die toekoms sou sy in elk geval nie tekens van siek word toon nie. Sakkie was egter ‘n ander storie, maar op ‘n ander tyd meer hieroor.

Francis het met ‘n briljante idee vorendag gekom. Dit was toe ons terug op land was dat sy haar tande uitgehaal het en in ‘n sleeptongstem Sakkie per telefoon ingelig het, “Sakkie, my man, ek het siek geword en my tande in die see verloor!” Ek het gehoor wat haar man sê maar kan dit nie hier herhaal nie. Ons is nog steeds vriende….

Groete, Seemeeu

Francis se dag

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles