Knap vangstes vir OB Kushengelklub

Knap vangstes vir OB Kushengelklub

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Overberg Kushengelklub laat hulle nie deur rowwe seetoestande afskrik soos in die geval van boothengelaars nie. Verlede Saterdag, 31 Januarie 2015 was dit weer hul maandelikse kompetisie. Daarna het hulle met ‘n gesellige en “jolige” prysuitdelingsaand afgesluit.

 “Die vroegopstaan, ver ente ry (en soms vassit, nogal met 4x4’s!) en moeites wat gedurende 2014 gedoen is, is met pragtige trofeë en sertifikate beloon,” vertel Elba Tredoux, Sekretaresse van die klub. Sy bedank eerstens die borge van pryse van Saterdag se kompetisie: Battery Centre, Buitesteen Pub & Grill en Gansbaai Matte & Blindings. “Die dag se grootste vis is deur Stephen Ashlin gevang - ‘n pragtige steenbras (5.92kg), met die 2de grootste vis wat deur Henry Smit gevang en die prys vir die swaarste sak is weer eens aan Stephen Ashlin oorhandig,” sê Elba. Die klub se voorsitter, Frans Claassen, het tydens die prysuitdeling ‘n spesiale dankie namens alle lede aan Leibrandt van Niekerk oorgedra. “Hy doen werklik meer as sy deel as wedstrydsekretaris om alles vlot te laat verloop en niks is ooit te veel vir hom nie,” het Frans gesê. “Gansbaai-gemeenskap is gelukkig om die kaliber persoon soos Leibrandt in hul midde te hê!”

Die jaarlikse toekennings, gebaseer op die totale vangstes gedurende 2014, is die volgende: Grootste Galjoen (klubrekord: 2.9kg) - Arno van der Merwe; Grootste Kabeljou (3.95kg) - Morné Olivier; Grootste Mosselkraker (10.64kg) - Oubaas Lesch; Grootste Wit Steenbras (klubrekord: 15.62kg) - Stephen Ashlin; Meeste gewig vir jaar (22.82kg) - Oubaas Lesch; Voorsitterstrofee vir uitnemendheid - Leibrandt van Niekerk. Elba sê die klub se top-hengelaars vir 2014 is: 1ste (enigste lid van Klub 50) - Oubaas Lesch; 2de - Morné Olivier; 3de - Sihan Toua (slegs 1 punt skei dié 2 manne); 4de - Johan Lesch; 5de - Mynhardt van Niekerk; 6de - Henry Smit.

“Die aandfunksie was ‘n reuse sukses en daar is tot laataand saamgekuier en gedans,” sê Elba. “Die smaaklike ete en goeie musiek en sang deur Jurie Crous, het net die regte stemming geskep!” Overberg Kushengelklub nooi graag alle belangstellendes, bestaandes en nuwe intrekkers, uit om aan te sluit en sodoende deel van ‘n gesellige en ontspanne “hengelfamilie” te word.

Vir algemene navrae kan Elba Tredoux by 082-351-2304 of 028-388-0092 gekontak word. Vir hengelnavrae kan die Wedstrydsekretaris, Leibrandt van Niekerk by 082-487-3106 gekontak word, of stuur ‘n epos aan hom by bietouprops@gmail.com.

Hardus Botha

Knap vangstes vir OB Kushengelklub

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

4 Days to Christmas: Rest

4 Days to Christmas: Rest

The big cook-off will start soon. The excitement of a special holiday shared, and all the expectations that go with that.

3 Days to Christmas: Create a New Tradition

3 Days to Christmas: Create a New Tradition

Although it is wonderful to have the old tradition that provides us with belonging and relevance...

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025.

Gansbaai Golf Club
MNRJ Transport Now Accepts Card Payments

MNRJ Transport Now Accepts Card Payments

Good news! MNRJ Transport now accepts card payments with Yoco machines.

MNRJ Transport
Braai Season Safety

Braai Season Safety

It’s braai season!

Summer Style Starts at Koekeloer Boutique

Summer Style Starts at Koekeloer Boutique

Getting ready for your summer getaway? 

See All Articles