Knap vangstes vir OB Kushengelklub

Knap vangstes vir OB Kushengelklub

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Overberg Kushengelklub laat hulle nie deur rowwe seetoestande afskrik soos in die geval van boothengelaars nie. Verlede Saterdag, 31 Januarie 2015 was dit weer hul maandelikse kompetisie. Daarna het hulle met ‘n gesellige en “jolige” prysuitdelingsaand afgesluit.

 “Die vroegopstaan, ver ente ry (en soms vassit, nogal met 4x4’s!) en moeites wat gedurende 2014 gedoen is, is met pragtige trofeë en sertifikate beloon,” vertel Elba Tredoux, Sekretaresse van die klub. Sy bedank eerstens die borge van pryse van Saterdag se kompetisie: Battery Centre, Buitesteen Pub & Grill en Gansbaai Matte & Blindings. “Die dag se grootste vis is deur Stephen Ashlin gevang - ‘n pragtige steenbras (5.92kg), met die 2de grootste vis wat deur Henry Smit gevang en die prys vir die swaarste sak is weer eens aan Stephen Ashlin oorhandig,” sê Elba. Die klub se voorsitter, Frans Claassen, het tydens die prysuitdeling ‘n spesiale dankie namens alle lede aan Leibrandt van Niekerk oorgedra. “Hy doen werklik meer as sy deel as wedstrydsekretaris om alles vlot te laat verloop en niks is ooit te veel vir hom nie,” het Frans gesê. “Gansbaai-gemeenskap is gelukkig om die kaliber persoon soos Leibrandt in hul midde te hê!”

Die jaarlikse toekennings, gebaseer op die totale vangstes gedurende 2014, is die volgende: Grootste Galjoen (klubrekord: 2.9kg) - Arno van der Merwe; Grootste Kabeljou (3.95kg) - Morné Olivier; Grootste Mosselkraker (10.64kg) - Oubaas Lesch; Grootste Wit Steenbras (klubrekord: 15.62kg) - Stephen Ashlin; Meeste gewig vir jaar (22.82kg) - Oubaas Lesch; Voorsitterstrofee vir uitnemendheid - Leibrandt van Niekerk. Elba sê die klub se top-hengelaars vir 2014 is: 1ste (enigste lid van Klub 50) - Oubaas Lesch; 2de - Morné Olivier; 3de - Sihan Toua (slegs 1 punt skei dié 2 manne); 4de - Johan Lesch; 5de - Mynhardt van Niekerk; 6de - Henry Smit.

“Die aandfunksie was ‘n reuse sukses en daar is tot laataand saamgekuier en gedans,” sê Elba. “Die smaaklike ete en goeie musiek en sang deur Jurie Crous, het net die regte stemming geskep!” Overberg Kushengelklub nooi graag alle belangstellendes, bestaandes en nuwe intrekkers, uit om aan te sluit en sodoende deel van ‘n gesellige en ontspanne “hengelfamilie” te word.

Vir algemene navrae kan Elba Tredoux by 082-351-2304 of 028-388-0092 gekontak word. Vir hengelnavrae kan die Wedstrydsekretaris, Leibrandt van Niekerk by 082-487-3106 gekontak word, of stuur ‘n epos aan hom by bietouprops@gmail.com.

Hardus Botha

Knap vangstes vir OB Kushengelklub

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Simple Beauty in Bloom

Simple Beauty in Bloom

Our nature shot is of Petalacte coronata, which was photographed by our conservation team this week.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary.

Gansbaai Tourism
Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Since April 2026, Combined Engineering Solutions (CES) has been hard at work on an ongoing renovation project for an existing home...

Beautiful Baskets Now in Store

Beautiful Baskets Now in Store

At Koekeloer Gift Shop, you’ll find a stunning selection of beautifully crafted baskets ready to suit any need.

Tennisnuus - Wilson Cavaliers Junior

Tennisnuus - Wilson Cavaliers Junior

Baie geluk, ons is ongelooflik trots op julle!

Laerskool Gansbaai
The Courage to Be Yourself

The Courage to Be Yourself

In a world that rewards conformity, it takes courage to remain yourself.

See All Articles