BARC en Microchips

BARC en Microchips

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Adri Nel van For Pets Sake Doggy Parlour in Belville is ‘n boorling van Gansbaai wat verstommende bemarkingswerk vir BARC doen en het al sowat R6,000 ingesamel waaroor ons groot waardering koester,” vertel Annelie Jonker van Gansbaai se Birkenhead Animal Rescue Centre (BARC).

Adri en haar eggenoot, Deon, het op eie koste spesiaal vir die naweek na Gansbaai gekom om belangstellende honde-eienaars se diere te “microchip”. Adri verduidelik soos volg: Cheaper Chips Microchip for Pets se mikpunt is om teen 'n bekostigbare prys soveel as moontlik diere regoor die Wes-Kaap identifiseerbaar te maak deur middel van mikroskyfies, asook identifikasie ‘tags’ by diere. Sy sê dat R20 van elke microchip aan diere-organisasie (in hierdie geval BARC) geskenk word, wat deur die borg, For Pets Sake Doggy Parlour, genomineer word.

For Pets Sake Doggy Parlour het vanaf Desember 2014 tot op hede ‘n rapsie meer as R6,000 ingesamel van die ongeveer R15,000 wat nodig is vir die bou van 3 nuwe skeidings / kwaranteinhokke by BARC in Gansbaai. Die hokke is bedoel vir diere wat nog nie deur ‘n veearts ondersoek is nie en moontlik siektes onderlede mag hê.

“Hierdie hokke wat ons beplan, is broodnodig vir siektebeheer,” sê Annelie. “BARC benodig enige oortollige boumateriaal, diamond mesh (chicken mesh), sement, bakstene, hondekos en katkos daarvoor, asook skenkings van enige tweedehandse klere, speelgoed en allerlei items wat in die tweedehandse winkel langs Kekkel en Kraai verkoop kan word.

Die fondse uit die winkel dra gedeeltelik by tot die basiese onderhoud van BARC en om uitgawes soos water, elektrisiteit, salarisse, veeartsrekeninge, honde- en katkos en veel meer te dek.

Vir navrae en/of skenkings/donasies kan Annalie Jonker by 082-826-0631 geskakel word en vir diereprobleme en/of die aanneem van diere Gavin Hughes (Veldwerker) by 083-742-3903.

Hardus Botha

BARC en Microchips

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles