Het die nekbreek wel 'n doel?

Het die nekbreek wel 'n doel?

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die afgelope naweek het dinge skielik verander toe snoekies, makriel, mooi hotties, roman en PW’s aan die byt gegaan het en vir ‘n genotvolle dag op die see gesorg het.  Die weer het vir ‘n verandering mooi saamgespeel daarvoor maar steeds was daar min of geen teken van die groter visse soos geelbek en kabeljou nie. Laasgenoemde lyk asof hulle reeds onttrekkingsimptone begin toon. Daar is wel baie harders in die water en met ‘n ordentlike noordwester-storm verskyn die geelbek dalk nog.

Ek gaan sporadies uittreksels uit Seemeeu se vorige hengelrubrieke plaas.  Weens die baie jare se verloop is dit  nuut vir baie lesers. Oordeel self of dit wel interresant en van waarde is. Ek begin hierdie week met ‘n artikel waarin van die manne wat hiertoe bygedra het nie meer met ons is nie, maar hulle menings is steeds baie waardevol en word met ontsag geplaas.

Waarom word ‘n snoek se nek gebreek? Word ‘n makriel giftig indien jy nie ook hierdie behandeling toepas nie en wat is die storie met ‘n elf?

Vra ‘n melkbaard hieroor en die antwoord is gewoonlik dat dit maar die manier is van dinge doen  --  weet nie juis waarom nie, sê hulle. Praat met die Hardebaarde en selfs hier is daar meningsverskil. Die mees aanvaarbare redes (sover dit snoek betref) is dat die vis dan nie meer so baie spartel nie en gevolglik ook nie so gou pap word nie. ‘n Elf word oor dieselfde kam geskeer.

Wanneer dit by makriel kom is daar meningsverskil. Die papwordstorie is natuurlik een rede terwyl Pilla Groenewald en Dirk Louwrens sê, soos ‘n galjoen gebloei word, so ook die makriel. Dit blyk die gejeuk wat gaan volg indien die makriel se nek nie gebreek word nie, volgens hulle ‘n wolhaarstorie is. Jan van Deventer sê egter nee, dis die makriel self wat jeuk en daarom ook die eter daarvan. Barry Reynolds se mening is eenvoudig  --  die vis gaan jou byt indien sy nek nie gebreek word nie, of anders gaan jy seerkry met die gespartel.

Wat van die haai se stertsnyery? Die algemene gevoel hier is dat indien dit vroeg genoeg gedoen word jy van die ammoniaksmaak ontslae raak. Dawid Roos, reken die rede hiervoor is omdat jy met die urine in die bloed wegdoen. Dit is seker so dat urine eerder as bloed na ammoniak sal smaak! Jan Groenewald (Jan Witman) meld dat die aanwesigheid van kwik in die haai en die gevolglike sny van die stert ook hiervan ontslae raak.

Enigeen wat kommentaar wil lewer oor die vis se nekbrekery?
Groete, Seemeeu

Het die nekbreek wel 'n doel?

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stunning Deep-Sky Astrophotography: Nebulae and Galaxies

Stunning Deep-Sky Astrophotography: Nebulae and Galaxies

With the Moon out of the way and weather improving somewhat, there was a few hours gap last night for collecting a few photons.

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

See All Articles