Die nuwe embleem-ontwerp is Gansbaai Toerisme Buro se eerste stap in die 2015 bemarkingsveldtog - “Trots / Proudly Gansbaai”. Die geleentheid vir die bekendstelling daarvan was ‘n spesiale Valentyns Toerisme Lede-aand.
Rdl Dudley Coetzee (rdl vir Finansies en Ekonomiese Ontwikkeling, wat Toerisme insluit) en sy eggenote, Shirley, was die Toerisme Komitee se eregaste. Komiteelede het vooraf wit gholf T-hemde ontvang, maar met ‘n geheimsinnige papier op die linkerkant van die bors geplak. Ná die bekendstelling van die nuwe embleem, is die papiere op die bors verwyder en kon Komiteelede spog met die nuwe embleem. Die voorsitter, Brenda du Toit, het beklemtoon dat 2015 ‘n jaar sal wees waarin die Buro sal moet bewys dat die strategiese beplanning nie verniet was nie en sy het ‘n baie bedrywige jaar voorspel. Die dryfveer en harde werk (agter die skerms), is Caron Lee, Bemarkingsvoorsitter van die Toerisme Komitee. Sy het nie ure nie, maar maande se werk ingesit en het ook die volle Powerpoint-aanbieding vir die bekendstelling waargeneem. Elzaan van Lill, sameroeper van Gansbaai Jeugklub, het ook geleentheid ontvang om die nuutgestigte Jeugklub aan toerisme-lede bekend te stel.
The vision of Gansbaai Tourism is clear: To create and market Gansbaai as the ultimate “up close and personal” eco / eco-adventure destination in the Western Cape / South Africa. The Natural Adventure Destination of Gansbaai is: Marine Adventures (Big 5); Fynbos Adventures; Heritage & Art Adventures; Entertainment; Beach; Wedding destination.
Intussen is die op-en-wakker Toerismepersoneel, onder leiding van Glenda Kitley as Bestuurder, steeds tot almal se beskikking by Gansbaai Toerisme waar hulle by 028-384-1439 geskakel kan word, of stuur ‘n epos aan hulle by gansbaaiinfo@telkomsa.net, of op Facebook (gansbaai-tourism) of twitter (@gansbaaitourism). Die opwindende webtuiste is www.gansbaaiinfo.co, waar vele kosbare inligting bekom kan word.
Hardus Botha