Kaptein FC van Wyk (Korporatiewe Kommunikasie: SAPD Wes-Kaap), meld dat ‘n 26-jarige verdagte op Maandag, 16 Februarie 2015 met perlemoen ter waarde van sowat R1m in Somerste-Wes aangekeer is. “Lede van die Kaapstad K9 Eenheid het vroeg die oggend op informasie gereageer, wat daarop gedui het dat onwettige perlemoen vanaf Buffelsjachts na Kaapstad vervoer word,” sê kapt Van Wyk.“ Teen ongeveer 06:00 is ‘n silwer BMW 320 Sedan by die interseksie van die N2 en Victoriaweg, Somerset-Wes afgetrek. By nadere ondersoek is 15 sakke met ontskulpte perlemoen gevind. Die bestuurder, ‘n 26-jarige man van Gordonsbaai is gearresteer en na die Somerset-Wes SAPD geneem, waar die perlemoen getel is - 1,958 ontskulpte perlemoen met ‘n waarde van sowat R1m. Die verdagte het op Dinsdag, 17 Februarie 2015 in die Somerset-Wes Magistraatshof verskyn.
Hardus Botha
(Foto’s deur kapt Piet Smit)















