Wilfred onkant gevang

Wilfred onkant gevang

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Dis nie aldag dat die bewarings-aktivis, Wilfred Chivell, onkant gevang word nie, maar dít is presies wat onlangs in die Kaap gebeur het.

Wilfred en sy span het die nuwe African Penguin and Seabird Sanctuary op die Birkenhead Lodge gronde tussen Gansbaai en Kleinbaai, by die Twee Oseane Akwarium in Kaapstad aan lede in die toerismebedryf gaan bekendstel.

Wat Wilfred as ‘n bemarkingsveldtog vir die sentrum (veilige hawe vir die Afrika pikkewyn en seevoëls) beskou het, het omgeswaai na ‘n skenking van R100,000 wat die bewaringsbewuste Wilfred se voete onder hom uitgeslaan het. Hierdie enorme skenking aan Dyer Island Conservation Trust (DICT), waarvan Wilfred die stigterslid is, was afkomstig van die Twee Oseane Akwarium.

“Wilfred was heel uit die veld geslaan - hy het nie van die skenking geweet nie!” skryf Danie Keet, Redakteur: Eikestad Nuus, wat ook die foto aan Gansbaai Courant verskaf het. Die African Penguin and Seabird Sanctuary word op amptelik op Donderdag, 26 Februarie 2015 geopen.

Die geleentheid sal deur spesiaal genooide gaste en borge bygewoon word, asook die spesiale geleentheid die volgende dag. Daarna sal die sentrum oop wees vir die publiek om dit te besoek. Hierdie sentrum is voorheen al as ‘n “eerste” en ‘n geskiedkundige hoogtepunt vir Gansbaai beskryf.   

Hardus Botha

Wilfred onkant gevang

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles