“Ons is sommer ‘n groep vriende met ‘n verskeidenheid van interessante motors wat gereeld op Vrydae iewers by ‘n restaurant bymekaarkom om gesellig te verkeer en saam te eet,” vertel Barry Johnson, eienaar van Coffee on the Rocks in De Kelders.
“Ons het nie ‘n klub gevorm nie, nou noem ons onsself sommer net die Classic Car Lunch Group!” Barry sê wanneer hulle bymekaar is, word daar net gesellig gekuier, met die fokus vanselfsprekend op motors.
Die groep woon ook groter motorbyeenkomste by wanneer die geleentheid opdoen. Onlangs was daar weer 7 van die groep by Coffee on the Rocks bymekaar, met motors soos ‘n Truimph TR 4 vanuit die 1970’s, ‘n Austin Healy (met speekwiele) en ‘n DB9 Aston Martin, waarvan die prys (nuut) sowat R4m kan beloop.
Die spreekwoord lui nie verniet: “Mans word nooit groot nie, hul speelgoed word net duurder!”
Hardus Botha