Projek vir Akademiese Presteerderstoer

Projek vir Akademiese Presteerderstoer

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Wanneer ‘n top-leerder genooi word deel te wees van ‘n Akademiese Prestasietoer oorsee, vlam die trots hoog, maar wanneer daar na die enorme kostes gekyk word, sak enige mens se moed tot diep in die skoene. Christa Langenhoven van Baardskeerdersbos het haar egter nie laat onderkry nie. Haar dogter, Christien Langenhoven (Gr 10) is een van Hoërskool Bredasdorp se Top 10 leerders en is genooi vir só ‘n Akademiese Prestasietoer na Amerika.

Sy is een van sowat 187 Top 10 leerders landwyd wat hierdie voorreg ontvang het. “Ons as ouers moet die byna R45,000 insamel om dit moontlik te maak en met sakgeld en diverse kostes bygereken, bring dit ons by sowat R50,000 uit,” vertel Christa, maar dit het haar geensins gestuit. Sy en van haar vriende het summier hard aan die werk gespring met pannekoek bak by Gansbaai Superspar, die kook van konfyt en chutney wat by Protea Flora te koop is en ‘n stalletjie by die Westbury Boeremark.

Christa se eerste hoogtepunt in die fondsinsamelingsprojek is die lam wat sy op Valentynsdag uitgeloot het, met bykans 100 lootjies wat verkoop is. Die wenkaartjie is verlede Saterdagaand by Rusty se dans deur boeremusiek-legende Manie Groenewald getrek. Die gelukkige wenner is Marlene Uys van Franskraal wat op Dinsdag, 17 Februarie 2015 haar lam trots in ontvangs geneem het. Die toer van 10 dae in Amerika sluit onvergeetlike ervaringe in, met onder andere besoeke aan Boston, New York en Washington en besienswaardighede wat dalk net eenmaal in ‘n leeftyd besigtig sal kan word.

Christa se fondsinsamelingsprojekte, waarmee sy nog sowat R30,000 betyds moet insamel, is die voortgesette pannekoek-, konfyt- en chutney verkope waarna hierbo verwys is, asook sy en hulpvaardige B’Bos-vriendinne se stalletjie by die Westbury Boeremark (h/v Industriesingel- en Oestervangerstraat, Gansbaai Industriële Area) wat ondersteun kan word, met nog ‘n skaaplam wat uitgeloot gaan word. ‘n Spesiale spaarrekening vir die toer is ook by Capitec Bank vir donasies geopen.

Belangstellendes kan vir Christa Langenhoven by 082-300-7294 kontak.

Hardus Botha

Projek vir Akademiese Presteerderstoer

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles