Tennisnuus (19 Feb 2015)

Tennisnuus (19 Feb 2015)

Gansbaai Courant

Op Saterdag, 7 Februarie, het ons liga-span op Worcester teen 'n gekombineerde span van Ceres, KoueBokkeveld en Worceley gespeel. Ons het ons vasgeloop teen 'n span wat heeltemal te sterk was vir ons. Ons kan nie eens die vreeslike warm windlose weer op Worcester as verskoning gebruik nie.

Ons eerste damespaar, Carien Gooding en Lyn Bouchier, kon darem een stel teen hulle opponente wen. Baie geluk dames. Verlede Saterdagoggend, 14 Februarie, om 9:30 het ons hier op ons tuisbane teen die span van Worcester gespeel. Dit was 'n heerlike dag (bewolk met 'n ligte windjie) vir tennis. Die span van Gansbaai het goed gespeel en hard geveg vir hul oorwinning van 5 wedstryde teenoor 3.

Baie geluk aan die pare wat hul westryde gewen het, veral aan die dames, Alta van Niekerk en Lyn Bouchier, wat albei hul wedstryde oortuigend gewen het. Baie dankie aan Eddie Botha en Elsabie Schoombie wat die span kom ondersteun het. Eerskomende Saterdag speel ons teen Montagu op hul tuisbane.  

Sosiale tennis soos gewoonlik op 'n Woensdag om 09:00 by die munisipale bane en op 'n Saterdag om 14:00 by die Laerskool se bane. Almal welkom. 

Tennisgroete.

Daneel Geldenhuys

Tennisnuus (19 Feb 2015)

Daneel Geldenhuys

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Can you experience pure happiness in this moment, without any external factors affecting it?

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so 'ietwat' van die klub se gewone maandelikse kompetisies.

Gans-Berg Nuus / News
Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Exciting update from our Entrepreneurship Programme and Enterprise Development at Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Transform Your Business Space with Paint

Transform Your Business Space with Paint

Paint plays a pivotal role in setting the tone and ambience of commercial spaces, from cosy cafes to bustling stores and elegant restaurants.

Join Us in Protecting Pearly Beach!

Join Us in Protecting Pearly Beach!

The Pearly Beach Ratepayers Association works to keep Pearly Beach beautiful and safe.

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles