Die dinge van 'n stok

Die dinge van 'n stok

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Wat saak maak en wat van belang is is die loop van die makriel die afgelope naweek. Wie soek dan nou die klein snoekies wanneer jy hierdie vis kan vang? En dis glad nie klein goedjies nie. Boonop is daar nie ‘n minmum-grootte nie en jy hoef ook nie te let op die aantal nie. Dis nie ‘n kwessie van mors met die vis nie, maar wat ‘n absolute plesier om te vang en ‘n bobaas-rookvis! Hoe lank hulle hier gaan bly, is ‘n ander storie. Vir die wat weet waar is daar geelbek en ook kabeljou nog te vinde.

Alle bedrewe kanthengelaars sal weet wat die nut is van verskillende “tips” op ‘n visstok. Daar hoef nie eers oor geredeneer te word nie, dis mos vanselfsprekend.

Nou die anderdag gepraat met ‘n bootman wat ‘n ander siening hieroor het. Hy erken wel dat dit vir die kantmanne sin maak om hulle stokke so te gebruik, maar nee sê hy, nie op die bote nie. Daar, hou hy vol, maak die dikte van jou stok weinig veskil. Hoe, sê hy verder, gaan die vis in elk geval weet wat bo-op die water aangaan. Die grootste nut van ‘n stok is dat, anders as ‘n handlyn, die lyn nie om jou enkels lê nie en altyd onder beheer is en wat nog belangrik is volgens hom is die dikte of die sterkte van jou lyn en nie jou stok nie. Die ergste is daar was nog iemand in die geselskap wat grotendeels met hom saamgestem het. En ek wil dit sê, ek dink dit maak baie saak en ek sal graag verduidelik waarom.  Ek haal dit hier aan omdat ek dink ek nie die ander twee manne oortuig het nie. (Daar was ook ‘n dame wat, kom ons sê maar, nie heelhartig met my saamgestem het nie.)

My argumente het berus op die volgende: Jy gaan meer vis vang met ‘n ligte bootstokkie wat jou toelaat  nie net om die vis beter te voel byt nie maar ook om dit te sien byt. Nou moet ek darem ook sê dat jy die stok moet aanpas by die vangery wat jy gaan doen. Normaalweg, hoe kleiner die vis, hoe ligter die stok. Ons praat nie nou van tunavang nie. Daar gaan jy die vis sien en voel, jy het eenvoudig nie ‘n opsie nie, “nevermaaind” die dikte van die stok. Ons praat van doodnormale vis soos hotties, snoek, geelstert, kabeljou, en so aan. Die dikte van die stok laat die vis meer beweegruimte wanneer hy byt. Die elastisiteit laat toe hiervoor.

Jy kan ‘n vis meer doeltreffend speel wanneer hy op loop gaan en vir daardie selfde rede sal hy nie jou lyn so gou breek as wanneer jy met ‘n stok sukkel wat glad nie meegee nie. Ek het ‘n vraag aan hulle te vra gehad  --  waarom het hulle stokke wel so “bietjie” speling? Wel, sê hulle, jy kan mos dan die vis voel. Is dit nodig vir verdere argumente? 

Groete, Seemeeu

Die dinge van 'n stok

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stunning Deep-Sky Astrophotography: Nebulae and Galaxies

Stunning Deep-Sky Astrophotography: Nebulae and Galaxies

With the Moon out of the way and weather improving somewhat, there was a few hours gap last night for collecting a few photons.

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

See All Articles