Gansbaai Sakekamer se Algemene Jaarvergadering (AJV) is vir Dinsdag, 10 Maart 2015 om 19:00 geskeduleer. Die vergadering sal in die Birkenhead Boothengelklub se saal plaasvind en kaartjies is teen R50/persoon beskikbaar. ‘n Twee-gang maaltyd is hierby ingesluit.
Die komende AJV word as uiters belangrik beskou en Gansbaai se sakelui word versoek om dit by te woon. Onder andere sal daar ‘n bykans volledige Bestuur verkies word, ingesluit ‘n voorsitter, aangesien Fanie Bothma nie weer vanjaar beskikbaar is nie. Fanie het sedert die begintydperk van die “nuwe” Gansbaai Sakekamer as voorsitter gedien - sowat 10 jaar en het gevoel die tyd het aangebreek om plek te maak vir ‘n nuwe persoon om die leisels by hom oor te neem. Ben Gericke is ook een van die “ou” staatmakers en dien op die Sakekamer sedert 1999.
Die Sakekamer se sekretaresse, Glenda Kitley, kan vir navare en/of besprekings by 072-291-5564 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan haar by info@gansbaai businesschamber.co.za.
Hardus Botha