Skemerstap op hande

Skemerstap op hande

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die prettige Skemerstap wat jaarliks deur Gansbaai se Goue Gande ten bate van Herberg-aan-See aangebied word, is op hande. Op Woensdag, 4 Maart 2015 kan deelnemers weer by die Kleinbaai Sleephelling om 17:30 vir 18:00 bymekaarkom.

Die groep stap daarvandaan kuslangs met die gruispad, dan op die kuspaadjie verby Rooikransies, met die laaste gedeelte op die teerpad en die nuwe wandelpad kuslangs voor Franskraal verby tot by die Strandveld Museum. Motors kan by Kleinbaai Sleephelling gelaat word - vervoer terug sal verskaf word aan diegende wat nie wil terugstap nie.

“Lekker loslit-stapklere en gemaklike skoene word aanbeveel, asook ‘n kombersie of iets om by die eindpunt op te sit,” sê Francia van Dyk, sameroeper van die Goue Hande. Rolstoele is eweneens welkom en hulle voertuie kan by Seaviewrylaan 19 parkeer word, vanwaar hulle aan die staptog tot by die museum kan deelneem. “Maak seker dat u naam op die lys by HaS geplaas word, of kom doen dit tydens Vrydag se Woekermark in die Pretoriussaal sodat die nodige reëlings getref kan word,” sê Francia.

“Daar is ‘n afsnypunt vir inskrywings en elke deelnemer ontvang ‘n koevert, wat vir ‘n donasie bedoel is, met die instruksies daarbinne.” Sy sê die koevert moet saamgeneem word na die eindpunt, aangesien daar ‘n bewys vir versnapperinge in is wat getoon moet word. (Die Tehuis kan ook vir ‘n koevert geskakel word, wat dan by die eindpunt beskikbaar sal wees.)

Hierdie jaarlikse Skemerstap lewer vele pret en saamkuier op en terselfdertyd is die inisiatief ten bate van Herberg-aan-See. Francia van Dyk kan by 028-384-0262 of 082-551-3613 vir navrae geskakel word, of kontak die Tehuis by 028-384-0501. Onthou die datum: Woensdag, 4 Maart 2015.  

Hardus Botha

Skemerstap op hande

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles