Dit was die interesante tema van Gansbaai Fotografieklub se onlangs tema-foto’s wat tydens hulle byeenkoms vertoon is - en dit was nie net mense se kop en skouers wat afgeneem is nie - daarvoor is die klub se fotograwe heeltemal té oorspronklik. Mense, diere en selfs ‘n botteltjie “Head and Shoulders” sjampoo is op ‘n kreatiwe wyse in die mik van ‘n boom afgeneem.
“This is not an easy theme, and lends itself to portraits mostly, which was most of the submissions as expected,” het Marc du Plessis van die klub gesê. “Portrait photography is not easy, but images submitted were of excellent quality.” Hierdie siening is deur die voorsitter, Riaan Jacobs, bevestig. Riaan het rapporteer dat die voëlfotografie by die Willem Appel Dam by Stanford baie leersaam vir die groepie saam met hom was en dat meer sulke opleidingsessies beplan word, maar ook vir ander natuuraspekte.
Belangrike datums is die sluiting van die klub se interne kompetisie op Maandag, 2 Maart 2015, wat ook die klub se volgende byeenkoms is. Tydens hierdie byeenkoms sal Gregor Rohrig as gasspreker optree en ‘n praktiese opleidingsessie oor straatfotografie aanbied.
Gansbaai Fotografieklub se webtuiste, http://gansbaaiphotographyclub.co.za (ook http://gbpc.co.za) is volstoom aan die gang vir vars fotografienuus en -inligting, asook foto’s wat tydens byeenkomste vertoon word. Vir navrae kan Riaan Jacobs by 082-373-8270 geskakel word, of Veronica du Plessis by 084-826-8781.
Hardus Botha