Waar jou skat is, sal jou hart ook wees!

Waar jou skat is, sal jou hart ook wees!

Gansbaai Courant

“Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie. Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie.  Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.”

(Mat 6:19-21)

Ek sit vandag en dink aan die huis wat oor die naweek in Kleinbaai afgebrand het. Dit moet verskriklik wees as jou huis, jou besittings en al jou kosbaarhede in ’n oogwink deur ’n brand of ’n storm verwoes word. Ek wonder wat sal ek doen? En jy?

Kom ons sê jy weet jou huis gaan afbrand. Wat sal jy saamneem? Wat sal jy red? Jy mag dit net in jou twee arms uitdra. Wat sal  jy die meeste van alles met jou wil saamneem.....?

Glen Adsett, ’n Amerikaanse sendeling wat baie lank in China gewerk het vertel hierdie verhaal uit sy persoonlike ondervinding. Om ’n sendeling in ’n kommunistiese land te wees was baie moeilik en hy en sy gesin is baie keer vervolg en later in huisarres geplaas. Hulle kon nêrens heengaan nie. Op ’n dag kry hulle die bevel:  “Julle word gedeporteer Amerika toe!” Hulle was baie bly. Dit sou beter wees om terug te gaan. Maar hulle is alleen toegelaat om 100 kg bagasie saam met hulle as man en vrou saam te neem. Dit was baie moeilik om te besluit wat sou hulle saamneem. Hulle kosbare boeke? Dalk hulle eetstel? Hulle video’s en rekenaartoerusting? Alles is op die weegskaal gemeet, afgehaal en omgeruil met iets anders. Na baie gemeet en gepas het hulle 100kg se besittings bymekaargesit en was hulle gereed om te gaan.

 Toe die soldate hulle kom haal het hulle die skokkende nuus gekry:  “Wat weeg julle kinders? Het julle hulle ingereken by julle twee se toegelate 100 kg?”  Wat weeg hulle kinders? Binne ’n oogwink het hulle al hulle waardevolle besittings agtergelaat – en het dit vir hulle duidelik geword wat is die belangrikste!

Dit is nie ons aardse besittings wat tel nie. Daarom dat Jesus ook sê: “Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.”  (Mat. 6:21) Is jou harde werk om besittings bymekaar te maak regtig belangriker as die tyd wat jy aan jou kinders moet spandeer? Is die vrede wat jy in jou hart het as jy jou verdiep in GOD se Woord nie belangriker as die ure wat jy voor die TV deurbring nie?

Miskien is dit tyd dat elkeen van ons ’n opsomming maak  van wat is vir ons die belangrikste dinge in ons lewe. Wat gaan jy in elk geval eendag met jou saamneem as jy sterf? Wat ek in my hart dra en my verhouding met my GOD is beslis baie meer werd as enige aardse besittings en goeters!

Waar jou skat is, sal jou hart ook wees!

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles