Makriel vang kort ook vernuf

Makriel vang kort ook vernuf

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Nou die dag geluister na ‘n skipper wat vertel het hoe die dag  op sy boot verloop het. Dit was toe die makriel geloop het en so enkele van die snoekies tussenin gevang is. Almal weet mos dat wanneer snoek aan die loop gaan die vangery daarvan nie juis ‘n kuns is nie en  selfs net ‘n kaal hoek soms genoegsaam is. Die verskil kom wanneer die vis skelm byt  --  dan verander die prentjie behoorlik. Dis wanneer die manne wat ken van vir jou sal wys hoe die vis gevang moet word. Dis ook dan dat die waarde van die korrekte tegniek bewys word. Maar ons  praat nou oor die makriel wat hier by ons aan die byt gegaan het, en in baie gevalle ooreenstem  wanneer oor die vangs van makriel en snoek verwys word.

Om terug te kom by die skipper wat ek hierbo genoem het. Almal het goed gevaar op sy boot  --  behalwe die een ou. Terwyl die res van hulle gemaai het onder die makriel het die man gekla dat hy niks vang nie, nie eens ‘n byt gekry het nie! Volgens hom het hy alles gedoen soos hulle  --  hoekom byt die vis dan nie by hom nie? Onthou, dis nou gedurende die tyd dat die makriel baie goed byt. Hulle het almal dunnerige lyn gebruik en ‘n nr. sewe-hoekie (nogal ‘n groterige hoekie, veral as die vis nie besonders groot is nie. Maar dit het gewerk vir hulle). En geen sinker nie. Wat by hierdie bemanningslid verander is is die manier waarop sy hoek gebind is. Die knoop is verander sodat die hoek los in die water vertoon. Dit het die groot verskil gemaak. En dalk ook dat ‘n kleiner asie gebruik is. En siedaar  --  almal vang. Een ander oorweging was om enkelhoeke te gebruik.

Ek dink dat verskillende goed op verskillende bote sal werk en dat die besonderse dag se omstandighede ook in ag geneem moet word. Daar is egter sommige faktore wat altyd ‘n voordeel sal beteken. Maar dit is mos wat hengel so interessant maak!

Die teenwoordigheid van die makriel behoort nog bietjie langer aan te hou en sal vir baie boothengelaars ‘n groot seën wees. Dis een vis wat groot genoegdoening verskaf, beide die vang daarvan sowel as die eet van veral die gerookte eindproduk.  Tot volgende keer, Seemeeu

Makriel vang kort ook vernuf

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stunning Deep-Sky Astrophotography: Nebulae and Galaxies

Stunning Deep-Sky Astrophotography: Nebulae and Galaxies

With the Moon out of the way and weather improving somewhat, there was a few hours gap last night for collecting a few photons.

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

See All Articles