Overberg Kushengel

Overberg Kushengel

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Die maandelikse hengelkompetisie is altyd ‘n hoogtepunt op ons kalender en, indien die weervoorspelling soos vir verlede Saterdag, nie so gunstig blyk te wees nie, is heelwat hengelaars byvoorbaat skepties oor hul verwagte vangste,” vertel Elba Tredoux van die Overberg Kushengelklub.

Sy vertel dat verlede Saterdag, 21 Februarie 2015, ‘n heerlike dag langs die waters was, alhoewel die seetoestande nie so waffers vir die stokmanne was nie. “Dit kon gesien word met die inweeg later die dag met slegs ‘n paar mooi hotnotvisse wat ingeweeg is,” sê sy. Die Grootste Vis van die dag, ‘n hotnotvis van 880g, is deur Morné Olivier gevang. Mico Swart se totale vangste van 1.4kg het hom die prys vir die Tweede Swaarste sak van die dag besorg. Dit was egter Morné Olivier se totale vangs van 1.58kg wat hom die prys vir die Swaarste Sak laat inpalm het. 

“Genoemde twee manne het dan ook gedeel in die dag se prysgeld van R600.00, geborg deur André Roux, eienaar van Renault Worcester,” sê Elba. “En selfs die manne van ander plekke het kennis geneem van die ywerige hengelaars van Gansbaai-omgewing!” Die pryse vir die gelukkige trekkings is deur Liquorland Gansbaai en Renault Worcester verskaf, met ‘n hartlike dankie aan dié twee borge en dit word opreg deur die klub waardeer.

Overberg Kushengelklub se volgende hengeldatum is Saterdag, 21 Maart 2015. Alle lede, asook nie-lede, word hartlik uitgenooi om die dag en aand te kom meemaak. “Hopelik lewer die begin van die galjoenseisoen ‘n paar mooi verrassings op".

Navrae en meer inligting kan by Leibrandt van Niekerk by 028-384-1333 bekom word.

Hardus Botha

Overberg Kushengel

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

4 Days to Christmas: Rest

4 Days to Christmas: Rest

The big cook-off will start soon. The excitement of a special holiday shared, and all the expectations that go with that.

3 Days to Christmas: Create a New Tradition

3 Days to Christmas: Create a New Tradition

Although it is wonderful to have the old tradition that provides us with belonging and relevance...

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025

Golf Competition Results for 17 - 20 December 2025.

Gansbaai Golf Club
MNRJ Transport Now Accepts Card Payments

MNRJ Transport Now Accepts Card Payments

Good news! MNRJ Transport now accepts card payments with Yoco machines.

MNRJ Transport
Braai Season Safety

Braai Season Safety

It’s braai season!

Summer Style Starts at Koekeloer Boutique

Summer Style Starts at Koekeloer Boutique

Getting ready for your summer getaway? 

See All Articles