Overberg Kushengel

Overberg Kushengel

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Die maandelikse hengelkompetisie is altyd ‘n hoogtepunt op ons kalender en, indien die weervoorspelling soos vir verlede Saterdag, nie so gunstig blyk te wees nie, is heelwat hengelaars byvoorbaat skepties oor hul verwagte vangste,” vertel Elba Tredoux van die Overberg Kushengelklub.

Sy vertel dat verlede Saterdag, 21 Februarie 2015, ‘n heerlike dag langs die waters was, alhoewel die seetoestande nie so waffers vir die stokmanne was nie. “Dit kon gesien word met die inweeg later die dag met slegs ‘n paar mooi hotnotvisse wat ingeweeg is,” sê sy. Die Grootste Vis van die dag, ‘n hotnotvis van 880g, is deur Morné Olivier gevang. Mico Swart se totale vangste van 1.4kg het hom die prys vir die Tweede Swaarste sak van die dag besorg. Dit was egter Morné Olivier se totale vangs van 1.58kg wat hom die prys vir die Swaarste Sak laat inpalm het. 

“Genoemde twee manne het dan ook gedeel in die dag se prysgeld van R600.00, geborg deur André Roux, eienaar van Renault Worcester,” sê Elba. “En selfs die manne van ander plekke het kennis geneem van die ywerige hengelaars van Gansbaai-omgewing!” Die pryse vir die gelukkige trekkings is deur Liquorland Gansbaai en Renault Worcester verskaf, met ‘n hartlike dankie aan dié twee borge en dit word opreg deur die klub waardeer.

Overberg Kushengelklub se volgende hengeldatum is Saterdag, 21 Maart 2015. Alle lede, asook nie-lede, word hartlik uitgenooi om die dag en aand te kom meemaak. “Hopelik lewer die begin van die galjoenseisoen ‘n paar mooi verrassings op".

Navrae en meer inligting kan by Leibrandt van Niekerk by 028-384-1333 bekom word.

Hardus Botha

Overberg Kushengel

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stunning Deep-Sky Astrophotography: Nebulae and Galaxies

Stunning Deep-Sky Astrophotography: Nebulae and Galaxies

With the Moon out of the way and weather improving somewhat, there was a few hours gap last night for collecting a few photons.

Under the Microscope: Must Love Ants!

Under the Microscope: Must Love Ants!

Meet Paramixogaster acantholepidis, a rare hoverfly with a fascinating connection to ants. 

Grootbos Foundation
From Fresh Eggs to Chicken Manure

From Fresh Eggs to Chicken Manure

Update from the Entrepreneurship Programme: This is Phakama, who sells freshly laid eggs in Pearly Beach.

Grootbos Foundation
Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

Why You Don't Need to Explain Yourself When You Say No

You never validate YES. Why do you want to validate NO?

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 29 September 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

What an amazing day out at sea with multiple Bronze whaler sharks, southern right whales and Cape fur seals! 

A Little Candlelight Goes a Long Way

A Little Candlelight Goes a Long Way

A little warmth for your home.

See All Articles