'n Verwoestende veldbrand het Dinsdag-middag in die omgewing van Avilla-plaas naby Pearly Beach ontstaan. Dit het vinnig in die versengende hittegolf, wat die Wes-Kaap geteister het, na Heidehof en Concordia versprei. Met die ter perse gaan Woensdag-oggend was die brand volgens 'n woord-voerder van die Overbergse Distriks Munisi-paliteit buite beheer.
"Die wind het noordwes gedraai en tel op. Dit dryf die brand nou in die rigting van Kosie de Wet se plaas, Murasie, en Baardskeerdersbos. Daar het ook 'n brand teen die berg by Platbos gewoed, maar dit is onder beheer gebring sonder skade aan die natuurlike Platboswoud.
Francois de Jongh Foto's: Lettie van Staden