Chanette Paul behaal driekuns

Chanette Paul behaal driekuns

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Dit is verskriklik lekker dat die lesers vir my sê ek doen iets reg!” was Chanette Paul se woorde pas ná sy gehoor het die publiek het vir die derde keer in ’n ry die Lekkerlit-prys aan haar toegeken.

Ewebeeld, deur Chanette Paul, is deur lesers wat aanlyn gestem het, as wenner van LAPA Uitgewers se 2014 Lekkerlit-kompetisie aangewys. Donker spoor, deur Martin Steyn, het kort op haar hakke gevolg.

Dit is die derde keer in ’n ry dat Chanette Paul koning kraai in hierdie leserskompetisie.

Lekkerlit verskil van ander boekpryse, want hier sit geen paneel wat die keuring doen nie. Die lesers stem, die stemme word getel en die wenner word dienooreenkomstig aangekondig.

“Die driekuns beteken verskriklik baie, ek sit hier op ’n wolkie,” sê Chanette vanuit haar huis in die Overberg. “Dit laat my voel: Ek kom uiteindelik daar!”

Waar? Wou die LAPA span by haar weet. Wat bedoel sy? Sy voel dat sy hiermee bevestiging kry dat sy iets doen waarvan die lesers hou, was haar antwoord.

Altesaam sewe boeke is aan die lesers voorgehou op ’n maandelikse basis. Augustus: Slim leuens (Lien Roux-de Jager) + Seisoen van lig en donker (Alta Cloete); September: Donker spoor (Martin Steyn); Oktober: Stiletto’s van staal (Bernette Bergenthuin); November: Ewebeeld (Chanette Paul); Desember: Die 13de kaart (Madelein Rust) en Januarie: Waar boosheid broei (Peet Venter). Van 1 tot 18 Februarie 2015 kon lesers op ’n mobi-vriendelike platform gaan stem vir hulle gunstelingboek. Elke leser se e-posadres is geneem, en niemand kon meer as een keer met dieselfde e-posadres stem nie.

Een gelukkige deelnemer, me C Carlson, wat op die mobi-webwerf gestem het, is deur middel van ’n gelukstrekking met ’n kontantprys van R2 500 beloon.

Die ouditering van die stemproses is op 25 Februarie afgehandel, maar Chanette is eers op Maandag, 2 Maart ingelig.

Hoe voel sy oor iemand soos Martin Steyn, ’n debutant, wat so goed gedoen het in die kompetisie? Chanette sê sy is “vreeslik trots” op hierdie jong skrywers, want dit is baie goed vir die lesers as nuwe, vars stemme hulleself vestig.

In 2012 is Chanette Paul se roman, Maanschijnbaai: Jo & Sue, die eerste van haar Maanschijnbaai-tweeluik, as die Lekkerlit-wenner aangewys. Haar roman, Siende blind, het daarna, in 2013, ook díe kompetisie gewen.

Izak de Vries

Chanette Paul behaal driekuns

Izak de Vries

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

COMING HOME TO YOURSELF

COMING HOME TO YOURSELF

At the heart of all these conversations lies a single truth.

Ready for Adoption - Meet Benso

Ready for Adoption - Meet Benso

Benso is a sweet male dog, about 2 years old, and he is now ready to find his forever home.

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 25 June 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A successful day on the water with plenty of marine life to keep us company at the dive site! 

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

Finding Clarity in Life: What Do You Truly Want?

As awareness grows, something interesting begins to happen.

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Generator Hire in Gansbaai: Reliable Power When You Need It Most

Power interruptions can bring work to a standstill, disrupt events, and create costly delays. 

Coastal Hire Gansbaai
Creating Opportunities for Youth

Creating Opportunities for Youth

Today's update from Grootbos Foundation is from the Employability Team...

Grootbos Foundation
See All Articles