Digitale navolgers van Jesus

Digitale navolgers van Jesus

Gansbaai Courant

Ons leef in ’n digitale wêreld. Ons kommunikeer eerder met iemand per SMS of “WhatsApp” as om na iemand toe te ry en met hulle persoonlik te praat. Vir baie mense het Facebook hulle hele lewe oorgeneem. Facebook het teen die derde kwartaal van 2014 reeds 1,35 miljard aktiewe gebruikers gehad, terwyl Twitter 284 miljoen aktiewe gebruikers gehad het. Sowat 14,1 miljard aktiewe epos adresse bestaan teen die einde van 2014, terwyl 11,944 miljard soektogte verlede jaar op Google onderneem is. In die volgende 24 uur, glo dit as jy wil, gaan daar 188 miljard SMS’e en 144 miljoen epos boodskappe rondgestuur word en 30 miljoen selfoon “apps” afgelaai gaan word. Ook gaan 2 miljard Skype minute opgebruik word! (Statistieke van Google) ’n Mens se verstand kan amper nie hierdie getalle verwerk nie. En ek en jy is deel daarvan!

Tog moet ons as christene ook besef dat hierdie digitale wêreld aan ons sekere eise stel. Ons kan nie maar net soos die wêreld links en regs boodskappe stuur en opmerkings maak op Facebook asof ons nie ook aan GOD verantwoordelik is vir wat ons sê en doen nie. Paulus stel dit baie mooi in Kolossense 4:5 en 6 hierbo aangehaal. “ Wat julle sê, moet altyd vriendelik wees en van goeie smaak getuig.” Ons is eerstens navolgers van Jesus en tweedens Facebook-gebruikers. Is dit wat ons op Facebook en in die digitale wêreld sê tot eer van GOD of nie? Ons moet ook dink voordat ons iemand per SMS of op Facebook antwoord. Jou ware Christen-karakter word op die openbaar vertoon. Gebruik altyd keurige taal en opbouende kritiek.

Besef ons watter wonderlike platform die digitale wêreld kan wees om GOD te verheerlik? As ons almal net meer en meer wil  getuig van die HERE se wonderlike werking en genade in ons lewe mag baie ander mense dalk net begin glo in Sy liefde. Jou inspirerende verhaal kan iemand wat moedeloos is net weer versterk vir die volgende fase van sy lewe.  Dit gaan nie oor wat jy gedoen het, of hoe goed jy opgetree het in ’n spesifiek situasie nie, maar hoe groot en goed GOD is! Draai die fokus te alle tye weg van jouself en laat die lig op GOD skyn.  Dis nie verniet dat Paulus hierbo sê ons moet die beste gebruik maak van elke geleentheid nie! Ook die digitale wêreld skep aan ons die geleentheid om die Koning van alle konings te verheerlik! Ons moet aan GOD alleen die eer en erkenning gee!

Digitale navolgers van Jesus

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles