Digitale navolgers van Jesus

Digitale navolgers van Jesus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Ons leef in ’n digitale wêreld. Ons kommunikeer eerder met iemand per SMS of “WhatsApp” as om na iemand toe te ry en met hulle persoonlik te praat. Vir baie mense het Facebook hulle hele lewe oorgeneem. Facebook het teen die derde kwartaal van 2014 reeds 1,35 miljard aktiewe gebruikers gehad, terwyl Twitter 284 miljoen aktiewe gebruikers gehad het. Sowat 14,1 miljard aktiewe epos adresse bestaan teen die einde van 2014, terwyl 11,944 miljard soektogte verlede jaar op Google onderneem is. In die volgende 24 uur, glo dit as jy wil, gaan daar 188 miljard SMS’e en 144 miljoen epos boodskappe rondgestuur word en 30 miljoen selfoon “apps” afgelaai gaan word. Ook gaan 2 miljard Skype minute opgebruik word! (Statistieke van Google) ’n Mens se verstand kan amper nie hierdie getalle verwerk nie. En ek en jy is deel daarvan!

Tog moet ons as christene ook besef dat hierdie digitale wêreld aan ons sekere eise stel. Ons kan nie maar net soos die wêreld links en regs boodskappe stuur en opmerkings maak op Facebook asof ons nie ook aan GOD verantwoordelik is vir wat ons sê en doen nie. Paulus stel dit baie mooi in Kolossense 4:5 en 6 hierbo aangehaal. “ Wat julle sê, moet altyd vriendelik wees en van goeie smaak getuig.” Ons is eerstens navolgers van Jesus en tweedens Facebook-gebruikers. Is dit wat ons op Facebook en in die digitale wêreld sê tot eer van GOD of nie? Ons moet ook dink voordat ons iemand per SMS of op Facebook antwoord. Jou ware Christen-karakter word op die openbaar vertoon. Gebruik altyd keurige taal en opbouende kritiek.

Besef ons watter wonderlike platform die digitale wêreld kan wees om GOD te verheerlik? As ons almal net meer en meer wil  getuig van die HERE se wonderlike werking en genade in ons lewe mag baie ander mense dalk net begin glo in Sy liefde. Jou inspirerende verhaal kan iemand wat moedeloos is net weer versterk vir die volgende fase van sy lewe.  Dit gaan nie oor wat jy gedoen het, of hoe goed jy opgetree het in ’n spesifiek situasie nie, maar hoe groot en goed GOD is! Draai die fokus te alle tye weg van jouself en laat die lig op GOD skyn.  Dis nie verniet dat Paulus hierbo sê ons moet die beste gebruik maak van elke geleentheid nie! Ook die digitale wêreld skep aan ons die geleentheid om die Koning van alle konings te verheerlik! Ons moet aan GOD alleen die eer en erkenning gee!

Digitale navolgers van Jesus

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Simple Beauty in Bloom

Simple Beauty in Bloom

Our nature shot is of Petalacte coronata, which was photographed by our conservation team this week.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary.

Gansbaai Tourism
Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Since April 2026, Combined Engineering Solutions (CES) has been hard at work on an ongoing renovation project for an existing home...

Beautiful Baskets Now in Store

Beautiful Baskets Now in Store

At Koekeloer Gift Shop, you’ll find a stunning selection of beautifully crafted baskets ready to suit any need.

Tennisnuus - Wilson Cavaliers Junior

Tennisnuus - Wilson Cavaliers Junior

Baie geluk, ons is ongelooflik trots op julle!

Laerskool Gansbaai
The Courage to Be Yourself

The Courage to Be Yourself

In a world that rewards conformity, it takes courage to remain yourself.

See All Articles